Buitemuurse Avontuur - Aktiwiteite
Cederberg, Wes Kaap

Wildbesigtiging

Kagga Kamma is die tuiste van ’n verskeidenheid diere, insluitende Burchell’s sebra en verskeie bokke - eland, gemsbok, bontebok, springbok, rheebok, duiker, klipspringer en steenbok. Gaste kan ook uitsien na kleiner besigtinge van die dassie, muishond en vlakhaas. Die groter inwoners sluit in die aardwolf, aardvark, jakkals, rooikat en ystervark. Die enigste groot roofdier wat in hierdie area gevind word is die luiperd.

Staptoere en Bergklim

By Kagga Kamma Privaat Wildreservaat is daar is drie staproetes – die Blou, 7 km Rooi en 9 km Wit roetes. Gretige klimmers wat ’n uitdaging geniet kan die kort maar kragtige roetes aanpak. Dié sport se huidige klim-grade wissel tussen 20-24 grade. Let asseblief op dat rotsklim nie ’n geleide aktiwiteit is nie. Gaste moet hul eie toerusting saambring. Klimpermitte is op aanvraag beskikbaar.

4x4 Roetes en Wildbesigtigingsritte

Kagga Kamma Wildreservaat nooi jou uit om die reservaat met jou eie 4x4-voertuig te ontdek. Die self-ry roete het ’n beeldskone uitsig oor die berg. Gaste kan uitsien na besigtinge van die inwondende wild, voëls en reptiele. Vir die diere se onthalwe is dit belangrik om versigtig te ry. Die roete is meer as 100 km lank en kan nogal moeilik wees met tye. ’n Wildbesigtigingsrit onder leiding van kenner gidse is ook beskikbaar. Die gidse deel graag hul kennis oor die interessante voëls, diere en plante van die reservaat.

Bergfietsry

Bergfietsryers by Kagga Kamma Privaat Wildreservaat het ’n keuse tussen 10 km of 30 km roetes. Beide die 10 km Rooi en die 30 km Swart roete begin by die hoof lodge, terwyl die sirkelroetes by ontvangs begin en deur die omliggende bos gaan. Die roetes bestaan meestal uit dubbel spore en gaan deur die verskillende rotsformasies, met ’n ongelooflike uitsig oor die fynbosvlakte.

Rotskuns

Die rotskuns by Kagga Kamma dateer oor die 6000 jaar terug en kan op verskeie plekke in die reservaat gevind word. Gaste kan die tekeninge self loop ontdek, of op ’n geleide stap uitgaan. Die gids wat die staptoer lei sal jou meer leer oor die San en hul kultuur, sodat jy die tekeninge beter kan verstaan.

Addisionele Aktiwiteite

Sterrekyktoer
Kamp
Bergfietsry
Vierwielfietsry
Reptiel program
Skemerkelkies
Private Spa
Swembad