Buitemuurse Avontuur
Cederberg, Wes Kaap

Kagga Kamma Wildreservaat is in die Cederberg geleë en is ’n goeie bestemming vir kamp, stap, bergfietsry, rotsklim, 4x4-ry en ontspan.

Hoogtepunte

Slegs ’n drie uur (uitsigvolle) rit vanaf Kaapstad
Berg- en vallei uitsig
Sanrotskuns toere en sterrekyk in die observatorium
4x4-roetes, staproetes, bergfietsry en rotsklim
Ope-lug en grot geïnspireerde akkommodasie opsies

Jou Ervaring

Kagga Kamma Wildreservaat is ’n bederf vir reisigers wat opsoek is na ’n buitelug avontuur. Hier vind jy wye oop spasies, beeldskone rotsformasies en sonsondergange wat glinster oor die fynbos en die beeld van ’n growwe terrein. Prentjiemooi en onaangeraak, by hierdie wildreservaat in die Wes-Kaap sien jy nie ’n heining of pad vir kilometers ver nie.

Kagga Kamma Wildreservaat is ’n buitelug-aanbidder se ideale speelgrond. Hier kan jy staproetes verken, bergklim, ’n self-ry safari onderneem en vierwielfietsry - en natuurlik ontspan ook! Die Kagga Kamma spa is ideaal na ’n besige dag buite in die wildernis.

Die akkommodasie is uniek en wissel van die kampeerterrein, tot die grot en hut geïnspireerde suites, na die ope-lug kamers onder die sterre. Wees egter verseker dat jy by elke verblyf opsie nooit gemaklike geriewe hoef prys te gee nie. By hierdie wildreservaat word jy te alle tye na omgesien.

Die reservaat het ’n hibridiese-sonkragsisteem wat deurgaans omgewingsvriendelike krag aan die hele reservaat voorsien. Hierdie sisteem verminder slegte uitlaatgasse en verlaag die reservaat se koolstofspoor. Tydens jou besoek aan Kagga Kamma Wildreservaat moet jy nie vergeet om die San rotskuns in die area te ontdek nie.

Die area is ryk aan hierdie antieke kunswerke en jy sal nabootsings van diere soos gemsbok, ystervark, rooikat, springbok en eland op die grotmure sien.