Cape Mountain Zebra
Kaapse Bergsebra

© Nigel J Dennis

Naam

Kaapse Bergsebra / bergkwagga (Equus Zebra Zebra)

Voorkoms

Die Kaapse bergsebra is die kleinste van die sebraspesies, en het 'n massa van 230-260 kg en 'n skouerhoogte van 1,16 m tot 1,28 m. Aangesien die strepe op die liggaam smaller is as dié op die bontkwagga, is daar meer. Die horisontale strepe op die bene loop tot op die hoewe. Die agterkwart is bedek met breë swart strepe, terwyl ‘n roostervormige patroon van smal, dwarsstrepe voorkom op die kruis. Die pense is wit en sonder strepe. Hulle het lang ore (220 mm) en ʼn kenmerkende keelvel.

Voortplanting

Hulle loop saam in teeltroppe wat bestaan ​​uit een tot vyf merries en hul vullens en ‘n dominante hings. Jong hingse loop saam in vrygeseltroppe.

Waar hulle gevind word

Die Kaapse bergsebra was vroeër wyd verspreid in die bergreekse van die Oos- en Wes-Kaap. Weens oorbenutting deur jag het hierdie spesies in die middel van die 1930's amper uitgesterf. Dit is gered deur die 1937-proklamasie van die Bergsebra Nasionale Park, in die Cradock-distrik van die Oos-Kaap Provinsie. Vandag bestaan ​​daar nog net drie natuurlike bevolkings, naamlik in die Kamanassie-berge, Gamka-berge en die Bergsebra-Nasionale Park.
'n Nuwe bevolking in die De Hoop-Natuurreservaat bestaan ​​uit individuele zebras wat gevestig is vanuit die Bergsebra Nasionale Park, die Kamanassie-berge en die nou uitgestorwe bevolkings van die Kouga- en Outeniquaberge. Ander kleiner bevolkings is in die Oos-Kaap en die Klein Karoo op kleiner wildreservate gevestig deur hervestiging van zebras vanaf die Bergsebra Nasionale Park.

Veldnotas

Hoewel eens in die Suid-Afrikaanse Parlement as 'n “donkie in sokkertruie” beskryf, het die Kaapse bergsebra gelukkig oorleef om 'n reservaat te hê wat spesifiek op hul beskerming gemik is. Die getalle het tot onder die vyftig geval en 'n bespreking deur die Suid-Afrikaanse regering in die 1930's het gelukkig tot gevolg gehad dat 'n reserwe gestig is, ten spyte van 'n hewige opposisie.

Zebra

Daar kom twee sebra spesies in Suidelike Afrika voor naamlik die bontkwagga, ook bekend as die vlaktekwagga of Burchell se kwagga (Equus bur...more