Zebra
Sebra

© Shem Compion

Beskrywing

Daar kom twee sebra spesies in Suidelike Afrika voor naamlik die bontkwagga, ook bekend as die vlaktekwagga of Burchell se kwagga (Equus burchelli) en die bergkwagga (Equus zebra). Soos die name aandui kom dit in baie uiteenlopende habitatte voor, alhoewel hulle bekend is daarvoor om bymekaar te kom in plekke waar vlaktes en berge oorvleuel. ’n Derde spesie, Grevy se sebra (Equus grevyi), word in Oos Afrika aangetref.

Burchell se Kwagga of Bontkwagga

Die Burchell se kwagga of bontkwagga is die mees algemene spesie regoor die Afrika-kontinent en word in sewe subspesies ingedeel. Die uitgestorwe kwagga (Equus quagga quagga) is ’n subspesie van die Burchell se kwagga of bontkwagga en bioloë probeer om dit van uitwissing af terug te bring met behulp van die DNA van geselekteerde bontkwaggas. Die program het baie sukses behaal met ’n aantal kwaggas wat weer op die vlaktes wei.

Bergkwagga

Soos die naam aandui word die bergkwagga in die hoogliggende gebiede van die Wes- en Oos-Kaap provinsies van Suid-Afrika en die meer droë bergagtige streke van Namibië gevind. Dit is kleiner as die Burchell se kwagga en bestaan uit twee subspesies naamlik die Kaapse bergkwagga (Equus zebra zebra) en die Hartmann se bergkwagga (Equus zebra hartmannae).

Interessante Sebra Feite

Geen twee sebras het dieselfde strepe nie, soos met vingerafdrukke in mense is elke sebra se strepe uniek. Die Burchell se kwagga is die nasionale dier van Botswana en word op die landswapen aangetref.