Basiese Geologie van die Wieg van die Mensdom

Rotsformasie

©David Fleminger

Die rots van die Wieg van die Mensdom bestaan hoofsaaklik uit Dolomitiese bedrock, wat gevorm is op die bodem is van ‘n vlak, see met lou water wat ongeveer 3 biljoen jaar gelede die Witwatersrand Kom bedek het. Dolomitiese rotse bestaan basies uit kalsiumkarbonaat (kalksteen) met ‘n paar ekstra suurstofisotope. Dit skep ‘n Karstiese landskap wat geneig is tot die vorming van grotte weens erosie langs foutlyne onder die oppervlak.

Die rotse rondom Sterkfontein en Krugersdorp dateer tot 2.6 biljoen jaar en die rotse in die ooste, in die rigting van Hartebeespoort, dateer tot ongeveer 2,2 biljoen jaar. Hierdie rotsstrata is uiteindelik omgedop en die rotse in die weste van die Wieg van die Mensdom, in die rigting van Krugersdorp, het eerste opgelig en toenemende erosie veroorsaak wat weer die heuwels in hierdie deel van die Wieg van die Mensdom veroorsaak het.

Om Tegnies te Raak

As jy wil tegnies raak, en wie wil nie, word die fossieldraende neerslae gevind in die Chuniespoort Groep, van die Malmani Sub-groep, van die Transvaal Supergroep rotse en is ongeveer 2.5 miljoen jaar gelede gevorm.

Die Malmani subgroep word ook verdeeel in 5 subeenhede: die Oaktree, Monte Christo, Lyttleton, Eccles en Frisco- formasies. Die streek bevat ook spore van lood en koper wat deur pre-historiese stamme en vroeë setlaars in die area gemyn is.

Opgrawing en Dateringstegnieke

©David Fleminger

So, hoe kry ‘n argeloog of paleontoloog die fossieldraende rots uit nadat hulle dit identifiseer het? Wel, opgrawing is ‘n delikate, tydrowende en presiese proses wat jare se opleiding en oneindige geduld vereis. Dis ‘n veels te komplekse proses om in ‘n paar kort paragrawe te verduidelik. So, hier gaan ons…

Waarskynlik die belangrikste aspek van opgrawing is konteks, ook genoem oorsprong. Basies beteken dit dat jy soveel as moontlik wil aanteken oor die posisie waarin die fossiel gevind is: Waar is dit gevind? Hoe het dit gelê? Langs wat het dit gelê? Wat was bo-op dit? Wat was onder dit?

Al hierdie inligting mag aan jou bykomende inligting verskaf oor die fossiel, sy omgewing en selfs sy lewensstyl, wat onmoontlik sou wees om te bekom as jy dit net opgetel het en in ‘n boksie gesit het.

Die ding is dat opgrawing van nature ‘n destruktiewe proses is, en nadat jy die breccia of die fossiel verwyder het, kan jy nie weer vir Hompie aanmekaarsit nie. Dus moet jy jou grawery deeglik beplan en soveel inligting as moontlik oor die fossiel se oorsprong neerskryf voordat jy dit verwyder en in ‘n stoorkamer plaas.

Dit sluit in om foto’s te neem en veldaantekeninge te maak volgens Suid-Afrikaanse wetgewing. Jy moet nooit meer materiaal verwyder as wat nodig is nie, en dit word beskou as goeie praktyk om ‘n ‘getuie afdeling’ agter te laat sodat later navorsers in die toekoms met die opgrawing kan voortgaan.

Om te “Grid” of nie

©David Fleminger

In die verlede het argeoloë ‘n ruitsisteem gebruik om ‘n fossiel se oorsprong te bepaal. Dis ‘n sisteem waarvolgens jy ‘n aantal toue of drade heen en weer oor ‘n terrein span om ‘n reëlmatige ruitpatroon met eenvormige vierkante, “spits” genoem, te vorm.

Ageoloë sal dan elke “grid” opgrawe in seksies van ongeveer 100 cm diep, die materiaal sorteer, fosiele verwyder en almal in ‘n sak plaas wat gemerk is met die “grid” en diepteverwysing. Dit is die sisteem wat by die Sterkfonteingrotte gebruik is vir die meeste van die laaste eeu en die ou draad- “grid” hang steeds bo die uitgrawings.

Die probleem met hierdie metode is dat al die voorwerpe bymekaargegooi word en die individuele oorsprong van elke item kan nie bepaal word nie.

Met nuwe tegnologie wat beskikbaar is aan hedendaagse argeoloë, is die “grid” stelsel vinnig besig om in onbruik te verval. Hulle gebruik deesdae ‘n gesofistikeerde toestel genaamd “Total Station” (amper soos ‘n kombinasie van ‘n GPS en ‘n teodoliet) en is in staat om die presiese posisie en hoogte van elke fossiel wat hulle vind te bepaal.

Dit verskaf ‘n 3D oorsprong wat aangeteken word op ‘n ID kaartjie wat in die sak saam met die fossiel geplaas word.

Die Verouderingsproses

©David Fleminger

Daar is twee hoofbenaderings tot opgrawings: horisontaal en vertikaal. Baie breedweg gesien is alle dinge wat op dieselfde vlak gevind word van dieselfde tyd terwyl dinge wat in die vertikale vlak gevind word ouderdom aandui (hoër is jonger; dieper is ouer). Dus word die besluit oor of jy horisontaal of vertikaal grawe bepaal deur waarna jy soek. As jy op soek is na ‘n breë blik op ‘n spesifiek moment, grawe jy horisontaal; as jy op soek is na die historiese opeenvolging van ‘n terrein, grawe jy vertikaal, af.

Dinge is natuurlik nie so eenvoudig nie en kan holderste-bolder raak, veral in grotte wat aanhou ineenstort en verskuif. ‘n Analise van die spesifieke stratigrafie van ‘n terrein word gewoonlik vereis voordat die temporale verhouding tussen objekte bepaal kan word.

‘n Mens kry ook twee soort opgrawingstoestande: dié in los grond en dié in harde, versteende neerslae soos grotbreccia. In los grond is die vernaamste gereedskap ‘n bouerstroffel en ‘n verskeidenheid kwaste en tandartsinstrumente – almal baie gesofistikeerd.

Die troffel word gebruik om die gond los te maak en weg te krap. Die tandartsinstrumente word gebruik om die fossiel delikaat los te werk terwyl die kwas gebruik word om die fyn sand weg te borsel.

Ook die grond rondom die fossiel word versamel en gesif met ‘n reeks fyn siwwe om selfs die kleinste beentjies en fossielfragmente te herwin sodat dit ook gemerk en in sakke geplaas kan word vir latere analise in die laboratorium.

Ekstraksie

Wanneer jy met harde breccia werk kan jy gewoonlik nie die fossiel uit die rots verwyder op die opgrawingsterrein nie. Jy moet die blok fossieldraende breccia uitsny en na ‘n laboratorium neem.

Om dit te doen gebruik jy ‘n hand-boor om ‘n aantal gate te boor rondom die blok. Daarna plaas jy twee wigte in ‘n gat en dryf versigtig ‘n ander wig tussen hulle in om die rots skoon van die vloer of muur te laat wegbreek. Verwysingspunte word dan op die blok aangebring sodat die koördinate later gebruik kan word.

Sodra jy terug is in die laboratorium, kan jy stadig en versigtig die fossiel uit die rots verwyder, of deur ‘n fyn boortjie (soos dié gebruik deur graveerders) of deur die versigtige gebruik van flou suurbaddens wat die breccia sal oplos terwyl die fossiel onbeskadig gelaat word. Beide hierdie tegnieke vereis jare se oefening en baie geduld.

In terme van die datering van fossiele, is daar twee soorte benaderings: relatiewe datering en absolute of chronometriese datering. In die eerste geval probeer jy bepaal of ‘n voorwerp ouer of jonger is as ‘n ander voorwerp wat op dieselfde terrein gevind is, en dit word gewoonlik gedoen deur uit te werk wat die ouderdom is van die grondneerslag waarin die fossiel gevind is deur die ander materiaal (spesifiek fauna en flora) in daardie laag te analiseer en te vergelyk met ander terreine. Voor die 1960’s is die meeste datering so gedoen.

Chronometriese datering behels die bepaal van die ouderdom van die fossiel in terme van “hoeveel jaar voor die huidige”. Dit word gedoen deur ‘n aantal uiters ingewikkelde en gekompliseerde tegnieke wat gewoonlik behels dat bepaal moet word hoeveel van ‘n spesifieke chemikalie (soos koolstof) aanwesig is in die fossiel en dit dan te vergelyk met die bekende en konstante tempo van verweer van daardie chemikalie.

Hierdie radiometriese metodes kan meet vir kalium-argon (K-Ar), koolstof (slegs indien die voorwerp minder as 50 000 jaar oud is), en ander radioaktiewe elemente. Daar is ook ‘n metode wat genoem word Paleo-magnetisme wat die oriëntering van partikels binne die fossiel analiseer om te meet hoeveel keer die magnetiese veld van die aarde verskuif het (iets wat blykbaar elke paar honderdduisend jaar gebeur), maar dit is net te ingewikkeld vir my om te verstaan.

Translated by Elna Van Rhyn