Vrede en Rustigheid - Aktiwiteite
Balule, Groter Kruger

Wildbesigtigingsritte by Toro Yaka Bush Lodge in Balule Natuurreservaat sal beslis ’n hoogtepunt vir jou wees.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte by Toro Yaka Bush Lodge sal beslis ’n hoogtepunt vir jou wees. Geniet beide die oggend en aand opsies vir ’n ontdekkingstog van die Balule Natuurreservaat.

Hou jou oë oop vir die plaaslike leeu trop en die kameelperd gemeenskap, wat wel-bekend is in die area. Al die wildbesigtigingsritte word onderneem in oop 4x4-voertuie, sodat jy vryheid het om te aanskou, veral as jy bietjie natuur fotografie wil doen.

Stap Safari’s

By hierdie safari lodge in die Groter Kruger neem stap safari’s elke oggend plaas en neem omtrent 2-3 ure. Dit is in die vroegoggend wanneer die diere geneig is om meer aktief te wees, en daar is goeie kans dat jy vele voëls, insekte en reptiele saam met groter wild soos kameelperd, sebra, impala, koedoe en blou apies, waterbok, wildebees, duiker en steenbok sal sien. Jou gekwalifiseerde FGASA gids sal sorg neem om mooi na jou om te sien en jou veiligheid in gedagte te hou te alle tye.

Voëlkyk

Terwyl jy uit is op 4x4-wildbesigtigingsritte of te voet die bos verken, sal jy ’n verskeidenheid voëls teëkom. Selfs wanneer jy slegs ontspan by Toro Yaka Bush Lodge sal jy verseker sommige van die meer as 250 spesies voëls wat in die area woon kan sien.

Kyk uit vir die gompou, neushoringvoël, swartaasvoël, visuil, breëkoparend, en saalbekooievaar - ook bekend as Suid-Afrika se voëlkyk Groot 6.