Uitwaarts Verbind - Aktiwiteite
Balule, Groter Kruger

By Naledi Bushcamp sal die oggend en aand wildbesigtigingsritte jou Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Kruger Park afrond.

Wildbesigtigingsritte

Hulle spoorsnyer en gidse is hoogs ingelig oor die komplekse eko-sisteme wat in die area gevind word, so jy sal verseker interessante feite leer wat jou ongelooflikse fotos kan vergesel.

Natuur Wandelinge

Na ontbyt kan jy jou bene strek op ’n spesiale wandeling wat jou reguit in die hartjie van die natuur sal inneem. Die wandelinge word deur ervare spoorsnyer en gidse begelei. Hulle sal jou meer leer oor die kleiner diere wat in die area woon, asook die medisinale gebruike van die verskeie plante en bome. Jou gids sal jou ook neem na een van die skerms naby die watergat vir jou om die omgewing te geniet en bietjie voëls te kyk.

Bos Maaltye

By Naledi Bushcamp is kos ’n integrale deel van jou Suid-Afrikaanse Safari in die Kruger Park. Vir ontbyt, middagete én aandete kan verjeug in die verskillende keuses wat aan jou gebied word. Naledi Bushcamo sal ook na enige spesiale dieëtversoeke omsien. As die weer aan jou kant is gedurende jou verblyf, kan jy middagete in die buitelug naby die swembad, óf op die besigtigingsdek geniet. Die beste maaltyd word op die middag wildbesigtigingsrit bedien. Hier kan jy ’n piekniek mandjie, gepak met heerlike lekkernye net vir jou, in die bos geniet. Dit sluit jou keuse van wyn of bier in. Waarvoor kan ’n mens dan nou meer vra?