Die Leadwood Suite is perfek vir families en klein groepe vriende omdat dit ruim is met ’n private plonspoel en houtdek.
Hierdie Kruger Park akkommodasie bied drie tipes suites aan. Twee slaapkamers is afgesonder deur ’n ontspanningsarea en stoep, terwyl elkeen van die en-suite slaapkamrs spog met ’n koning-grootte bed, of twee ¾-grotte beddens.
Die Marula Suite is die beste vir families met sy twee aaneenlopende slaapkamers, een met ’n dubbel bed en die ander met twee ¾-grootte beddens. Daar is een en-suite badkamer, ’n patio en ’n ongelooflike uitsig oor die vallei en die watergat (baie beter as ’n televisie!).
Die Paperbark Suite is ideaal vir paarjies. Weggesteek in die bos, elke suite het ’n koning-grootte bed en glasskyfdeure wat ’n uitsig oor die bosveld bied. Daar is selfs ’n buitelug stort en en-suite badkamer. Die private dek is ideaal vir ontspanning en om tyd saam met geliefdes op jou Suid-Afrikaanse Safari in die Kruger Park te spandeer.
Swembad
Besigtigingsdek
Kroeg area
Ope-lug boma
Privaat hout besigtigingsdek
Restaurant
Gratis internet (WiFi)
Sondek