Uitwaarts Verbind
Balule, Groter Kruger

Vermy die hordes toeriste by hierdie rustige toevlug in die Groter Kruger Nasionale Park, waar elegante luuksheid en ongetemde wildernis aangebied word, fantasties vir beide families en paartjies.

Hoogtepunte

Nabye wild aanskouings bied fotografiese geleenthede
Afesonderde kamers met ’n intieme atmosfeer
Bos pieknieks en ’n skerm by die watergat (perfek vir voëlkyk!)
Akkommodasie gepas vir families, klein groepe en paartjies
Oggend en aand wildbesigtigingsritte en bos wandelinge

Jou Ervaring

Reisigers wat opsoek is na die perfekte Suid-Afrikaanse safari in die Kruger Park sal verjeug wees met Naledi Bushcamp. Die essensie van hierdie kamp kan moeilik in woorde vasvang word - dit moet beleef word.

Weggesteek op die koppie, tussen die bed van die Olifantsrivier lê Naledi Bushcamp afgesonder en onaangeraak, heeltemal omring met die natuur. Oggend en aand wildbesigtigingsritte is die begin en einde van ’n dag vol rustige wild besigting.

Hierdie area het ’n lae toeriste digtheid en daarom sal jou wild besigtigingservaring selfs meer intiem en ongesteurd wees op hierdie Suid-Afrikaanse safari in die Kruger Park. By Naledi Bushcamp voel jy naby aan die natuur, omdat jy omtrent heeltemal deel is daarvan.

Die oombllik wanneer jy voet in hierdie kamp sit, sal jy verjeug in die intieme atmosfeer met geen steuringe nie. Die kamp self is heeltemal natuurlik gebou en maak gebruik van ryk skakerings van groen en bruin, met aardlikse, organsiese teksture en oop spasies.

Daar is drie kamer tipes om uit te kies. Naledi Bushcamp is die ideale wegbreek bestemming vir families, wittebrood reisigers (paartjies) en klein groepe vriende. Naledi Bushcamp bied ’n rustige, kalmerende omgewing waar jy eksepsionele disse en wyn kan geniet. Die span kyk goed om na hul gaste en hul passie vir die lodge manifesteer in alles wat hulle doen. Wees gewaarsku; jy sal dalk nooit Naledi Bushcamp wil verlaat nie!