Geniet die Romanse - Aktiwiteite
Balule, Groter Kruger

Natuur wandelinge by Pondoro Game Lodge word deur opgeleide gidse begelei en is ’n opwindende ervaring.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag uit – vroeg in die oggend en laat in die middag. Jy het die opsie om beide te doen en die meeste van jou wild besigtigingservaring te maak.

Die voertuie kan tot agt gaste op ’n tyd akkommodeer, maar Pondoro Game Lodge bied jou en jou metgesel die opsie om ’n private safari voertuig en spoorsnyer gids te bespreek vir ’n meer intieme ervaring. Wildbesigtigingsritte dek 'n area van 10 000 hektar en word toegelaat om van die pad af te wyk om sodoende vir gaste die beste moontlike besigtinge te wys.

Die gidse bly met mekaar in kontak deur twee-rigting radio, om sodoende presies bewus te wees van al die diere se bewegings. In die aand sal jou spoorsnyer en gids die soeklig skyn en dieper in die bos in ry. Nagtelike ritte is die ideale geleentheid om die nagtelike diere soos muskeljaatkat, ystervarke, nagapies, hiënas en uile te sien.

Bos Wandelinge

Om die bos te voet te verken is minder innerverend as ’n 4x4-voertuig en ’n opwindende opsie vir gaste wat opsoek is na ’n meer intieme natuur ervaring.

Gedurende die natuur wandelinge sal jy voorgestel word aan miershope en ander interessanthede van die bos, insluitend mis, spore van klein spesies diere en inheemse plante. Bos wandelinge is uitstekende voëlkyk geleenthede, so hou jou oë oop vir die aasvoëls, byvreters, troupante, arende, poue, neushoringvoëls en spreeue.

Uit-slaap & Pieknieks in die Skerm

Maak die meeste van jou verblyf by hierdie private Suid-Afrikaanse safari lodge deur een aand uit te slaap onder die sterre. Pondoro Game Lodge se boomhuis bied die unieke geleentheid om die watergat en ’n panoramiese uitsig van die bos te geniet. Voeg ’n eksklusiewe piekniek in die bos by jou ervaring en maak die hele affêre ekstra spesiaal.

Die personeel by Pondoro Game Lodge sal vir jou ’n smaakvolle piekniek mandjie pak, met lekkernye wat met ’n goeie bottel plaaslike Suid-Afrikaanse wyn, geselekteer uit die uitgebreide wynkelder, gepaar kan word. Maak seker om hierdie ervaring ver in die toekoms in te bespreek.