Geniet die Romanse
Balule, Groter Kruger

Pondoro Game Lodge bied ’n romantiese en private Suid-Afrikaanse safari ervaring vir paartjies en wittebrood reisigers, geleë binne die Groter Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Geniet wildbesigtigingsritte en natuur wandelinge met piekniek middagetes by die watergat
’n Keuse van akkommodasie tipes, insluitend suites met ’n ontspanningsarea en ’n privaat patio met ’n borrelbad of ’n chalet met ’n private dek wat uitkyk oor die Olifantsrivier
Geniet tradisionele Afrika disse met ’n moderne invloed. Vegetariese opsies kan spesiaal na omgesien word
Bederf jouself met die beste whiskeys en cognac in die wêreld, of ontspan met ’n Kubaanse sigaar
Vir ’n bietjie avontuur kan jy uit-slaap in die boomhuis wat oor ’n watergat wat verlig is uitkyk

Jou Ervaring

Pondoro Game Lodge beslaan ’n ruim spasie binne die Balule Natuurreservaat wat ’n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park deel. Die onomheinde grens laat verskeie diere toe om vrylik in hierdie area te loop en verseker ’n oorvloed wild besigtigings. Pondoro Game Lodge is op die bed van die Olifantsrivier geleë.

Verskeie voëls en wild is natuurlik aangetrokke tot hierdie private Suid-Afrikaanse safari akkommodasie se ligging. Hierdie klein stukkie bos paradys bied gaste die ideale balans tussen natuur en luuksheid. Die diere is nie die enigste aantreklikheid nie. Gaste kom van regoor die wêreld na Pondoro Game Lodge vir die ‘Pondoro’ formule wat uit die regte hoeveelheid romanse, outentieke atmosfeer en vriendelike persoonlike diens bestaan.

Die lodge is veral gewild onder paartjies en wittebrood reisigers. Die luukse suites en chalets is hemels vir dié wat opsoek is na totale privaatheid. Pondoro Game Lodge spog ook met ’n boomhuis skerm wat oor ’n verligte watergat uitkyk. Daar is nie baie lodges wat hierdie unieke ervaring aanbied nie.

Verbeel jouself buite in bos, veilig bo in die boom terwyl jy wakker word met ’n familie nuuskirige olifante wat onder jou rondloop… Tussen jou oggend en aand wildbesigtigingsritte sal die privaat spa ’n stukkie ontspannig tot jou besoek byvoeg.

Indulgeer in ’n paartjies massering in die gemak van jou kamer, of sit terug in die stoomerige spa bad terwyl jy opkyk na die wye Afrika hemelruim. Die lantern beligte etes op die houtdek is ’n onvergeetlike ervaring. Die verrassende bos etes wat wag op gaste wat twee nagte of langer by hierdie private Suid-Afrikaanse safari lodge bly, sal ook moeilik vergeet word.