Anemones
Anemoon

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Anemoon

Alias

Seeroos

Wetenskaplike Naam

Actiniaria

Grootte

Vanaf 1 cm tot 2 cm in deursnee.

Identifikasie

Hol, silindriese liggaam wat vaskleef aan die substraat deur middel van ‘n plat, pedaalskyf. Tentakels wat kan steek omring die mond. Kleur varieer vanaf bruin, pienk, pers, geel en oranje tot groen en rooi.

Algemene Inligting

Die orde Actinaria bestaan uit 44 families en meer as 100 spesies. Anemone is nou verwant aan koraal en jellievisse. Hulle het nematosiste in hul tentakels wat hulle gebruik om hul prooi mee te verlam. Sommige spesies grawe in die grond in of leef in ‘n buis. Pelagiese broeiers.

Voeding

Die voedsel van anemone bestaan uit plankton en klein vissies.

Verspreiding

Anemone kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Reuse anemoon - Heteractis magnifica
Sandanemoon - Aulactinia reynaudi
Tier anemoon - Nematanthus annamensis