Perfekte Bos Wegbreek
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Die Bush Lodge at Amakhala is ’n luukse lodge in die Amakhala Wildreservaat wat ’n onvergeetlike safari ervaring bied.

Hoogtepunte

Privaat uitsigte oor ’n watergat wat gereeld deur wild besoek word
Tradisionele Afrika maaltye, bedien op die besigtigingsdek wat oor die wild gevulde grasvlakte uitkyk
Afgesonderde tentsuites met privaat besigtigingsdekke en plonspoele
Dubbele buitestort vir die ware romantikus
Spa fasiliteite op die perseel

Jou Ervaring

Die Bush Lodge at Amakhala bied ’n onvergeetlike safari ervaring in asemrowende omgewing aan. Die lodge is geleë in die wonderlike Amakhala Wildreservaat, tuiste van die wêreld bekende Groot Vyf, asook die populêre kameelperd, sebra en swartwildebees - onder andere. Hierdie luukse lodge bied die perfekte bos wegbreek en is ontwerp om elegante gemak te alle tye te bied. Moderne fasiliteite is toeganklik en word gekomplimenteer met die vriendelike en hard werkende personeel wat alles in hulle vermoë doen om te verseker dat jy so tuis as moontlik voel.

Gaste word hartlik verwelkom met aankoms en die hospitaliteit is konsekwent tot die dag wat jy moet terug gaan huistoe. Die hout en seildoek suites is luuks opgemaak en is toegerus met internet konneksie vir gaste wat met hulle familie en vriende in kontak wil bly – of hulle verblyf op sosiale platvorms wil dokumenteer. ’n Besoek aan hierdie lodge sal ’n liefde vir die romanse van die Afrika bosveld in jou aansteek en jou mooi herhinneringe gee wat ’n leeftyd sal hou.