African Wild Cat
Afrika-Wildekat

© Roger de la Harpe

Naam

Afrika-Wildekat [Felis silvestris spp. - 'n aantal subspesies in Afrika]

Inleiding

Ses duisend jaar gelede het Egiptenare die Afrika-wilde katgebruik om muise en rotte te beheer. Van hierdie mak gemaakte diere is die huis kat geteel. Alhoewel dit 'n gemaklike boomklimmer is, spandeer hierdie kat die meeste van sy tyd op die grond.

Dieet

Die gewildste prooi van die Afrika-wildekat is muise en rotte, maar wanneer dit skaars is of die geleentheid ontstaan, eet hulle ook voëls, hase, konyne en selfs jong bokke.

Teling

Paring vind plaas tussen Julie en Januarie, met 'n dragtigheids periode van 65 dae. Kleinjies word tussen September en Maart gebore. Gemiddelde werpsel grootte is drie per werpsel.

Gedrag

Aangesien hierdie klein lid van die kat-familie nog nie intensief bestudeer is nie, is baie min bekend oor sy gedrag. Afgesien van die verskil in die kleur van sy ore en die langer bene, kan hierdie spesie maklik vir 'n huiskat misgis word, waaraan dit so nou verwant is dat kruising moontlik is. Hierdie kat is nie sosiaal nie en aleenlopend buite die broeiseisoen. Volwasse diere is meer as waarskynlik territoriaal.

Waar hulle gevind word

Genetiese suiwer afstammelinge van die Afrika-Wildekat kom vandag net in afgeleë gebiede voor. Elders het kruis-aanteling met huishoudelike katte plaasgevind.

Noodsaaklike Statistieke

Gewig (Vroulik): 2,6 - 5,5 kg Gewig (Manlik): 3,8 - 6,4 kg Lengte (Vroulik): 90 cm Lengte (Manlik): 90 cm Dragtigheids periode: 2 maande Hoeveelheid Kleintjies: 2 - 5 Orde: Carnivora Familie: Felidae Teling: 2 - 5 kleintjies word enige tyd van die jaar na 'n dragtigheids periode van ongeveer 2 maande gebore.

Spoor Beskrywing

Die voetspore van die Afrika-Wildekat is soortgelyk in vorm en grootte as dié van die huiskat.