Aeolid Nudibranch
Tipies Eolies

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Naak seeslak – tipies eolies

Alias

Sea slug

Wetenskaplike naam

Aeolidina

Grootte

Tot 15 cm

Identifikasie

Dun liggaam met cerata (vinger-agtige uitsteeksels) van verskillende lengtes. Rhinophores is baie lank met mondtentakels net onder hulle. Kleur varieer van liggrys of wit tot helderblou en oranje.

Algemene Inligting

Aeolidina suborder is deel van Opisthobranchia. Die Engelse naam “nudibranch” beteken ‘kaal kieue”. Naak seeslakke versamel netelselle (steekselle) uit die voedsel wat hulle eet en berg hulle in die cerata vir verdediging. Kan relatief vining beweeg. Voortplantigsorgaan is aan die regterkant van die nek; spermpakkies word oorgedra. Eiers word gelê in ‘n slym matriks (sperm bande).

Voeding

Leef van sponse, sagte koraal, anemone en hydroids.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Dragon nudibranch (Bornella anguilla)
Spanish shawl (Flabellina iodinea)
Aeolid sp (Pteraeolidia ianthina)