Wat Weidingsgewasse Om Te Plant?

© University of Maryland Extension

Die keuse van plante vir weiding sal bepaal word deur:

Klimaat en grondtoestande
Water beskikbaarheid
Watter diere of 'n kombinasie van diere sal gebruik maak van die weiding 
Die weiding se end gebruik - byvoorbeeld, sal weiding gebruik word net vir weiding of gebriol word vir hooi of kuilvoer?

Weidingsgewasse In Suid-Afrika

©Kamrul Islam Shahin

Volgens die Departement van Voer Tegnologie van die Landbounavorsingsraad (LNR), is die weidingsgewasse wat die meeste gebruik word vir hooi die oulandsgras (Eragrostis curvula) en Eragrostis tef. Vir kuilvoer word mielies  meestal gebruik alhoewel voersorghum ook gebruik word.

Die gewildste somer grasse is wol gras (Anthephora pubescens), Rhodes gras en vinger gras. Winter grasse sluit haan se voet, langswenkgras, hawer en stoelrog in. Peulgewasse wat voorgestel word op die lys van die LNR (ARC) sluit in dolichos boontjies en Stylo, peulplante wat in die somer geplant word en peulgewasse soos wit klawer en lusern wat in die winter geplant word. 

Enige saad maatskappy sal in staat wees om te adviseer oor die beste weiding gewasse om in jou area te groei en ook  jou grond tipe. Vra vir leiding.

Tipes Weidingsplante

©Pannar Saad

Weidingsplante word in twee groepe verdeel - gematigde en tropiese weivelde.

Tropiese Weiding
Tropiese weiding word geplant in somerreënvalgebiede in Suid-Afrika, gewoonlik in die somerreënval maande van Oktober tot Februarie. Hierdie plante is dormant in die winter, na die stoor van voedingstowwe in hul wortels tydens herfs, wat hulle gereed maak vir nuwe groei in die lente.

ʼn Gewilde jaarlikse weidings plant is tef (Eragrostis tef). Tef, wat uitstekend is vir hooiproduksie, groei in alle tipe grond en kan onder droëlandtoestande geproduseer word. Vir weidings voer is voersorghum en pêrel manna ook baie gewild.

Meerjarige weidings grasse sluit Smutsvinger (Digitaria eriantha), Rhodesgras (Chloris gayana), Weeping lovegrass (Eragrostis curvula), Paspalum en die lekker Guinee gras (Panicum maximum) in, asook wit buffelsgras. In die droër dele van Suid-Afrika, is buffelsgras goed aangepas. Kikoejoe gras doen goed op vrugbare grond in hoë reënval, koel gebiede of onder besproeiing. 

Tropiese peulgewasse as weidingsplante sluit spesies soos greenleaf desmodium, meerjarige sojabone, siratro (pers bos-boontjie), stylo en lusern in.

Gematigde Weiding
Hierdie koel-seisoen weivelde is aktief en groen in die winter en kan ryp weerstaan. In vergelyking met tropiese weiding, is gematigde weidingsplante meer smaaklik, voedsamer en het 'n hoër verteerbaarheid. Verteerbaarheid beteken hoeveel voedingstowwe 'n dier kan uittrek uit die weiding. 

Voorbeelde van koel-seisoen grasse is Westerwoldsraaigras en Italiaanse raaigras, meerjarige raaigras, langswenkgras en haan se klou. Klawers - Berseemklawer, wit en rooi klawers - is ideale peulgewasse om te meng met gematigde grasse.  

Peulgewasse

©Pannar Saad

Peulplante - klawers, sojabone en ertjies - is plante wat deur 'n simbiotiese verhouding met grond bakterieë, genoem Rhizobium, kan help om stikstof in die grond terug te sit. As weidingsplante, vereis peulplante dikwels minder bemesting as grasse.

Peulgewasse het groot blare en lang penwortels wat diep in die grond in afgaan om vog  te bekom. In teenstelling het grasse vlakker wortels en smal lang blare. Voorbeelde van tropiese peulplante sluit stylo en lusern, ook bekend as alfalfa in die VSA, in. Voorbeelde van peulplante wat beter aangepas is in gematigde klimaat is rooi en wit klawer.

Let wel: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie beskou word as voeding of voedingswaarde advies nie. Vir meer inligting oor die voeding van jou diere en die aanplant van gewasse kontak jou landbou tegnikus of saadverskaffer.

Translated by Wilma Koeppen