Versoeningsdag

Suid-Afrika het vir die eerste keer op 16 Desember 1995 Versoeningsdag gevier. Beide die Afrikaner en bevrydingstryd tradisies word simbolies erken en is deel van ’n demokratiese en gelyke samelewing. Die spesifieke datum, 16 Desember, is belangrik as gevolg van twee gebeurtenisse uit Suid-Afrika se verlede. 

©Eric Miller

Eerstens was daar in 1838 die Slag van Bloedrivier toe die Voortrekkers teen die Zoeloes baklei het. Op 16 Desember het hulle ’n gelofte voor God afgelê. Hulle het belowe om ’n kerk te bou en dat hulle nageslagte hierdie dag as ’n dankseggingsdag sal vier. Gedurende die apartheidsjare was 16 Desember ’n publieke vakansiedag en bekend as Geloftedag.

Tweedens was 16 Desember ook die dag waarop Umkhonte we Sizwe (MK) in 1961 gestig is. Tot en met hierdie dag het die ANC (African National Congress) passiewe vorme van weerstand teen die onregte van apartheid gevolg.

Na die Sharpeville gebeure, op 21 Maart 1960, waar betogers dood geskiet is, is daar besluit dat vreedsame betogings alleen nie die apartheidswette sou verander nie. Umkhonto we Sizwe is as die militêre vleuel van die ANC gestig. Die hoofdoel van hierdie beweging was om met sabotasie die aandag op die stryd teen apartheid te fokus. Organisasie probleme en die inhegtenisneming van die MK se leiers in 1963 het die missie verswak.

Nietemin was 16 Desember ’n herdenkingsdag vir Umkhonto we Sizwe. In Suid-Afrika is 16 Desember steeds ’n nasionale vakansiedag, maar dit verteenwoordig versoening en nasionale eenheid. Die lesse en griewe van die verlede kan nou nuwe hoop vir die land en die landsburgers bring. Alle Suid-Afrikaners word veral op hierdie dag versoek om hulle opnuut tot die ideale van menswaardigheid en gelykheid te verbind.

©Eric Miller
In Suid-Afrika is 16 Desember steeds ’n nasionale vakansiedag, maar dit verteenwoordig versoening en nasionale eenheid. Die lesse en griewe van die verlede kan nou nuwe hoop vir die land en die landsburgers bring. Alle Suid-Afrikaners word veral op hierdie dag versoek om hulle opnuut tot die ideale van menswaardigheid en gelykheid te verbind.Translated by Ananda Schoeman