Venda Inisiasie

Ontwikkeling van die Individu

©Dr Peter Magubane

Die ontwikkeling van die individu is gesien as 'n reeks van fases,  met die puberteit en die huwelik wat belangrike stadiums is. Die oorgang van die een fase  na die volgende is moontlik gemaak deur eksterne kragte (die voorvaders, goeie en bose geeste, hekse van albei geslagte), wat goeie of slegte invloede op mense kon uitoefen. Inisiasieskole het opdrag gegee oor wat hulle kan verwag en hoe om op te tree in die volgende fase.

Deur seremonies en danse kon hulle wegbreek van die foute van die verlede en die toekoms omhels. Die seremonies het ook die ondersteuning van die voorvaders deur towerkuns versterk. Dit is gehou by of naby die dorpe van die mahosi en magota wanneer daar voldoende deelnemers was, en het nie noodwendig elke jaar voorgekom nie.

'n  Venda meisie woon drie groot inisiasieskole by nl. vhusha met puberteit; tshikanda om die vhusha te versterk; en dombani, 'n voorhuwelikse skool. In die verlede het seuns wat ook die thondo bygewoon het dele van die dombani meegemaak, maar vandag doen baie min dit, en  die vhutuka en thondo skole is uitgedien. Die meeste woon murundu by op 'n later stadium.

Dit vind plaas buite die dorp, gewoonlik op 'n heuwel of berg, in die droë wintermaande, om te help met die genesing van die wonde wat tydens besnydenis opgedoen is. Deesdae word 'n toenemende aantal, veral in stedelike gebiede, besny deur die Westerse dokters eerder as op die tradisionele manier. Sommige van hierdie dokters het seremonies van hul eie ontwikkel en slag 'n dier na 'n aantal mense besny is om die operasie ʼn vorm van tradisionele 'legitimiteit te gee.

Stadiums van Inisiasie

©Dr Peter Magubane

Die vhusha (inleiding tot puberteit) het verskeie maande geduur maar vandag vind dit dikwels oor net agt dae plaas. Meisies word geleer dat nederigheid die essensie van Venda vrouwees is. Terwyl hulle by 'n afgeleë verblyfplek is, neem hulle 'n rol van volslae onderdanigheid aan met hulle koppe wat heeltyd vooroor gebuig is en hulle skouers krom en arms gevou of hul hande bak onder hul kenne gevou is.

Hulle voer onbelangrike take uit met swaar vragte op hul rug of kop, en beweeg  deur op hul mae rond te skuif of hulle moet warm kole in hulle hande vashou. Hulle kry uitgebreide onderwys oor geslag, seksuele gedrag, verlowing en die huwelik, en om swangerskappe buite die huwelik te voorkom.

Tradisioneel is daar onderskeid gemaak tussen vhusha, die dogters van edeles (vhusha ha vhakololo) en gewone mense (vhusha ha vhasiwana). Sing, dans en leer van die milayo is belangrike kenmerke van die skool vir gewone mense. Die skool vir edeles was meer geheimsinnig, en min is daaroor bekend. 

Byna al die aktiwiteite het plaasgevind binne 'n afgesonderde kamp by die hoofman se dorp, en daar was geen musiek om in die openbaar aan te kondig dat die skool gehou word nie. Geen gewone mense kon die edeles se vhusha bywoon nie, maar edeles wat reeds vhusha ondergaan het kon die gewone mense se vhusha besoek wanneer hulle wou.

Die tshikanda (om die vhusha te versterk) het net voor die dombani  elke drie of vier jaar plaasgevind. Die dombani, wat die hoogtepunt van die inisiasieproses merk, was die finale kwalifikasie vir die huwelik. Die blaas van 'n koedoehoring (Phala Phala) het die begin aangekondig. ʼn Heilige vuur wat by die koning se dorpie aangesteek is bly regdeur brand.

Die geïnisieerdes word met medisyne behandel, sowel as alles wat gebruik is tydens die inisiasie, om die inmenging van kwaaddoeners te voorkom. Alle geïnisieerdes word geskeer, en vir die res van die dombani was hulle nie toegelaat om te skeer of te was nie. Tradisioneel het die dombani 10 fases gehad wat twee jaar aangehou het maar vandag  neem dit selde langer as nege maande.

Die geïnisieerdes het leer dans en om geheime liedjies te sing, is blootgestel aan geheime voorwerpe, het gekyk en deelgeneem aan mimiek onderrig, en seksuele opvoeding ontvang. Die doel is om die jonges te vergewis van alle aspekte van die huwelik, asook van die Venda gebruike. Dit word deur die Venda as 'n nasionale gebeurtenis beskou en die dombani kan slegs gehou word onder die vaandel van 'n Khosi van Singo afkoms.

ʼn Opvallendste kenmerk van die dombani is die domba-dans wat uitgevoer word deur die meisies rondom die heilige vuur. Die geïnisieerdes vorm 'n ketting deur elke meisie wat die meisie voor haar se elmboog vashou en dan ritmies beweeg op die maat van die Ngoma en mirumba tromme. Tradisioneel het die meisies naak gedans, maar vandag  dra hulle die shedu wat tussen die bene deurkom en 'n voorskoot aan die voorkant vorm met 'n agterste paneel wat afhang. Hulle dra ook metaal armbande en enkelringe wat glinster as hulle dans. Die dans simboliseer 'n luislang wat verband hou met vrugbaarheid en die bewegings van 'n baba in die baarmoeder.

Dit verteenwoordig ook die luislang wat hulle glo wat in die Fundudzi, die heilige poel van die Venda in 'n Soutpansberg valle woon. Die khoro muur is die liggaam van die luislang god, en die Fundudzi-meer die binnehof, die plek van oorsprong en die kosmologiese skoot.  Die ingewydes is dus in die skoot van die luislang, gereed om weer gebore te word as hubare en gerespekteerde lede van die samelewing.

Wisselende houdings teenoor Inisiasie

©Dr Peter Magubane

Christelike kerke neem verskillende houdings teenoor inisiasies in en 'n paar verbied lede om  inisiasieskole by te woon. Sommige onafhanklike kerke moedig lede aan om dit by te woon, en ander verskaf alternatiewe,  gewoonlik die vermenging van tradisionele oortuigings en praktyke met Christenskap, vir hulle lede aan.

Ander veranderinge is ook aangebring deur die skuif na moderne onderwys, hospitale en trekarbeid, maar baie meisies word nog geïnisieer. In die verlede sou geen Venda man 'n vrou trou wat nie deur dombani was nie. As hy met 'n vrou van 'n ander groep, soos Tsonga of Sotho getrou het, sou sy deur dombani moes gaan. Vandag word die redes waarom die meeste geïnisieerdes die inisiasies bywoon gegee as om die wette te leer as ook wysheid te verkry (U guda milayo), wetende dat die milayo 'n vrou met spesiale kennis verskaf  wat haar die reg gee om deel te neem in vroue vergaderings en seremonies.

Translated by Wilma Koeppen