Varkboerdery Aanvangskostes

©Glenneis Kriel
The profitability of the farm will depend on various factors, from feeding and management to the cost of land and electricity.
Om ’n varkboerdery finansieel lewensvatbaar te maak, moet boere ’n mark vir hulle varke verseker en die produksiekoste bereken voordat hulle begin. Die finansiering, grond, produksie-eenheid, voer, arbeid, medisyne, verkryging van varke, groeitempo, aantal varkies per werpsel, aantal varkies wat elke sog kan speen en die aantal sterftes is die hoof faktore wat die produksiekoste beïnvloed.

Aanvangskostes

©Glenneis Kriel
Farmers could start small with a couple of sows and grow the business gradually as they become more skilled.
Om ’n kommersiële varkvleisbedryf van nuuts af te begin of om dit van ’n ander boer te koop kan ’n groot finansiële las wees. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-Organisasie (SAVPO) se Pigs for Profit handleiding gee wenke om die kostes laag te hou. Boere kan baie klein begin met slegs ’n paar sôe vir ’n ekstra inkomste. Dit sal die boer in staat stel om die besigheid eers te leer ken voordat groot finansiële risiko’s geneem word.
Om die aanvangskostes laag te hou kan boere slegs op ’n spesifieke deel van produksie fokus. Hulle kan self teel en die speenvarkies vir ’n spesifieke koper grootmaak of slegs die speenvarkies op ses tot tien weke oud koop en grootmaak vir slag.

Voerkoste

©National Pork Board and the Pork Checkoff, Des Moines, IA, USA.
Feed represents up to 80% of the cost of production in a piggery.
Volgens Danie Visser se Modern Pig Production boek verteenwoordig voerkoste 70% tot 80% van die totale veranderlike koste van produksie in ’n kommersiële boerdery. Boere kan die voerkoste verminder deur hulle eie voer te vervaardig en te meng of goedkoper voer naby aan hulle produksie-eenheid te koop. Hulle kan byvoorbeeld byprodukte van ’n meule, die peule van ’n Suidwesdoring (Prosopis) of akkers vir die varke voer.
Om hulle eie voer te produseer moet boere voldoende grond hê om dit te doen en ook die produksiekoste daarvan oorweeg, aangesien dit moontlik duur toerusting benodig. As daar van ander boere of besighede voer verkry word moet boere ook verseker dat die voer skoon is en geen gesondheidsrisiko’s inhou nie.
Dit sal ook help om met ’n voedingkundige of tegnikus te praat om ’n voer wat gebaseer is op die beskikbare hulpbronne te ontwikkel en om moontlike voedingstekorte te bestry. Varke sal nie ordentlik groei as hulle slegs toegang tot akkers of Prosopis-peule het nie.

Aantal Verkope

©Glenneis Kriel
The number of piglets born per sow per year will have a huge impact on farm profitability.
Winsgewendheid sal grootliks afhang van die aantal verkoopte varke. Dit sal weer beïnvloed word deur die aantal varkies wat per werpsel gespeen word, die aantal speenvarkies wat elke sog kan grootmaak en die aantal varke wat doodgaan voordat hulle verkoop word. Die aantal varkies wat gespeen word sal afhang van die ras en of die varke goed gevoer is asook die produksietoestande.
Volgens die Modern Pig Production boek is die gemiddelde werpsel grootte in ’n intensiewe produksiestelsel ongeveer 11 tot 12 varkies, met die beste produsente wat meer as 28 varkies per sog per jaar in Suid-Afrika grootmaak. Om teelvarke versigtig te kies kan help om die aantal varkies wat per werpsel gespeen word te vermeerder asook om die gewig by geboorte te verhoog.

Translated by Ananda Schoeman