Temperature en Gewasse

Die lugtemperatuur van 'n landbou-omgewing is baie belangrik in terme van die effek op die groei en produksie van verskillende gewasse.

Die fisiologiese, chemiese en biologiese prosesse in plante, soos fotosintese, word beïnvloed deur die lugtemperatuur. Fotosintese is die proses waarin landbougewasse sonlig gebruik om koolhidrate, droë materiaal of opbrengste uit water en koolstofdioksied te produseer.

Die meeste plante groei en leef binne 'n temperatuur van 0°C tot 50°C, maar vir enige gewas is die optimale temperatuurspeling vir optimale groei en produksie baie nou.

Koue Weer en Warm Weer Gewasse

Koue weer gewasse sluit in blomkool, wortels, beet, blaarslaai, spinasie, erjties en uie. Hierdie gewasse groei die beste by temperature wat wissel van 15ºC tot 18ºC. 

Warm weer gewasse soos boontjies, pampoen, skorsies, komkommers, aartappels, mielies en tamaties groei die beste by temperature wat wissel van 18ºC tot 27ºC. 

Die sogenaamde "kardinale" temperature (laer draaglik, optimaal, hoër draaglik) verskil tussen verskillende gewasse, en ook tussen verskillende groei stadiums van dieselfde gewas. 

In die geval van koueweergewasse, is dit belangrik om die beste plantdatums vas te stel wat sal verseker dat die gewasse sal groei onder optimale temperatuur toestande.

Temperature en Gewasse Siektes

Lugtemperatuur, gekombineer met relatiewe humiditeit, waterdamp of vog in die lug, bepaal dikwels gewas siektes, maar kan ook voordelig in sommige gevalle wees. 

ʼn Goeie voorbeeld is vergroening siekte, 'n virus siekte in sitrus. Dit is 'n ernstige probleem in Mpumalanga en Limpopo provinsies, maar nie in die Wes en Oos-Kaap nie. Die insek wat die virus dra en dit versprei kan nie in hoë temperature oorleef nie en dit wil voorkom asof die versengende warm, droë bergwinde van die Wes en Oos-Kaap se sitrus gebiede waarskynlik die rede is vir die afwesigheid van vergroening siekte in dié gebiede.

Reën en Temperatuur

Plaaslike temperatuur en reënseisoene speel 'n rol in die finale keuse van gewasse. Byvoorbeeld, as druiwe vatbaar is vir swamsiektes wanneer dit geplant word in 'n vogtige klimaat, moet die druiwe liewers in 'n gebied waar reënval laag is of in 'n winterreënvalgebied gegroei word. 

Subtropiese gewasse, bv avokado, koejawel, lietsjie, mango, papaja en pynappel, kan slegs suksesvol verbou word in gebiede waar daar geen ryp voorkom nie.

Dadels moet ongeveer 180 dae met 'n daaglikse temperatuur hoër en warmer as 18ºC wees, en ʼn baie lae reënval area vir 'n suksesvolle vrugte produksie geplant word.

Temperatuur en Gewasse Kwaliteit

Partykeer kan klein temperatuur verskille die kwaliteit van die gewas beïnvloed. Die suiker inhoud van suikerbeet verminder indien temperature gedurende die groeiseisoen te laag is. Net so wanneer die lengte van die groeiseisoen nie lank genoeg is nie en nie genoeg suiker geproduseer word nie.

Die lengte van die groeiseisoen en temperature wat hoog genoeg is, is ook belangrik vir warm weer somergewasse. Mielies vereis lang seisoene, maar hoër opbrengs, korter seisoen kultivars word nou ontwikkel.

Temperatuur en Ontkieming

Daar is verskeie temperatuur-fases wat ontkieming beïnvloed: minimum temperatuur, 'n optimale temperatuur, hoogste ontkieming in die kortste moontlike tyd, en 'n maksimum temperatuur waarteen ontkieming sal plaasvind. Hierdie temperature verskil ook tussen verskillende plantspesies.

Translated by Wilma Koeppen