Sea Breams
Seebrasse

© Jean Tresfon

Algemene Familienaam

Seebrasse

Alias

Porgies

Wetenskaplike Naam

Sparidae

Grootte

Tot 1,2 m, gemiddeld 40 cm.

Identifikasie

Diep, saamgeperste liggaam. Klein mondjie. Differensiasie binne familie – sommige met groot koppe, sommige met kleiner, gepunte koppe en diep liggame met slanke sterte. Stert gevurk of konkaaf. Kleur varieer van silwer-wit tot rooi.

Algemene Inigting

Die Sparidae familie bestaan uit 35 genera en 112 spesies. Hulle kom voor in ‘n verkeidenheid habitats, insluitend brakkerige riviermondings, baaie, kusriwwe en diep water langs die kontinentale rak. Baie spesies is hermafrodities, en verander van geslag wanneer hulle volwasse raak.

Voeding

Leef van ‘n verskeidenheid plante sowel as seebodem hardedop ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Grootoog-stompneus
Rhabdosargus thorpei
Roman
Chrysoblephus laticeps
Zebra seabream
Diplodus cervinus