Scrub Hare
Kolhaas

© Roger de la Harpe

Naam

Kolhaas [Lepus saxatilis]

Voorkoms

Die kolhaas is groter in die Suid Westelike dele van Suid Afrika (2.7-4.5 kg) as wat dit is verder noord (1.5-3.2 kg). Die bokant van die pels is grys met ‘n wit onderkant. Hulle het lang grys ore wat saam met die swart-en-wit stert meeste sigbaar is wanneer hulle vlug.

Dieet

Die kolhaas wei hoofsaaklik op kort groen gras, maar tydens droogte sal hulle ook blare, stingels, droë gras of wortels vreet.

Teling

Geboortes vind plaas meestal tussen September en Februarie, maar kan ook gedurende die res van die jaar plaasvind. Werpsels bestaan uit een tot drie kleintjies. Drielinge is meer geneig om gebore te word tydens goeie reën seisoene. Hulle sal voortplant selfs gedurende die mees nadeligste droogte toestande.

Gedrag

Hulle is alleenlopers. Wanneer wyfies op hitte is word hulle gewoonlik vergesel deur ‘n paar mannetjies. Hul verkose habitat is lang grasvelde en grasvlaktes.

Waar Word Hulle Gevind

Hulle is wyd versprei in Suid-Afrika, maar afwesig in woude, kuswoestynstreke en die droër noordwestelike dele van die Noord-Kaap.

Veldnotas

Die kolhaas is bekend daarvoor om gedurende die nag voor motors in te hardloop met ‘n kronkelende hardloop patroon. Hierdie hardloop patroon word beskou as ‘n manier van die haas om te vermy om gevang te word, maar daar word ook gespekuleer dat die skadu wat veroorsaak word deur die ligte van die motor die haas van rigting laat verander.