Rock Hyrax
Klipdassie

© Roger de la Harpe

Naam

Klipdassie (Procavia capensis)

Voorkoms

Die dassie is die Afrika-Olifant se naas bestaande familielid ten spyte van die verskil in groottel. Hierdie noue evolusionêre verhouding is afgelei van die ooreenkomste in die struktuur van die voete en tande.

Dieet

Die dassie voed hoofsaaklik op plantegroei. Dit het ‘n gemengde dieet maar verkies gras wanneer dit beskikbaar is in die reën seisoene. Gedurende droë periodes sal dit egter enige plantmateriaal vreet. Hoogs toksiese en aromatiese plante, mosse en lewermosse kan deur dassies gebruik word gedurende periodes van droogtes.

Teling

Kleintjies word vroeg gedurende die somer gebore na ‘n swangerskap van sewe maande. Sommige wyfies kan swanger word voordat hulle ‘n jaar oud is. Werpsels bestaan normaalweg uit twee tot drie kleintjies. Een dominante mannetjie monopoleer tot 17 wyfies in ‘n harem-groep. Alleenlopende volwasse mannetjies leef op die rand van sulke harems.

Gedrag

Dassies geniet om in die son te bak op groot rotse en klippe, veral in die oggend en laat namiddag. Dassies is ‘n gunsteling prooi van Arende, Rooikatte en Luiperde.

Waar hulle aangetref word

Soos aangedui deur sy volks-naam is sy voorkeur habitat rotsagtige gebiede regoor Suid-Afrika. Dassies is ratse boombewoners waar groot bome naby kranse voorkom.

Kenmerkende statistieke

Massa (wyfie) - 2.5-4.2kg
Massa (mannetjie) - 3.2-4.7kg
Lengte (wyfie) - 55cm
Lengte (mannetjie) - 55cm
Swangerskap periode - 8 maande
Aantal kleintjies - 1-6
Seksuele volwassenheid - 17 maande
Geboorte massa - 165-230g
Order - Hyracoidea
Familie - Procaviidae
Teelt - 1-6 Kleintjies gebore in September-Oktober en Maart-April na swangerskap periode van ± 7 maande.

Spoor beskrywing

Hulle het 4 tone op die voorvoete en 3 tone op die agtervoete. Die tone het almal naels, behalwe die binneste toon wat ‘n geboogde skoonmaak klou het. Die voetsole is kaal en die vel is dik en bedek met klierweefsel wat die oppervlak permanent klam hou om traksie vermoë te verhoog. Dit laat die Dassie toe om steil en gladde rotsvlakke te navigeer of om bome met ratsheid te klim.