Purple Roller
Groottroupant

© Roger de la Harpe
Purple Roller.

Voorkoms

Hulle het 'n lengte van 35-40cm, en weeg 160g. Die manlike en vroulike geslagte lyk eenders. Dit is 'n groot, stewige en dowwe troupant. Vanaf 'n afstand of in swak lig lyk dit donkerbruin met breë ligte wenkbroue en ‘n wit kol op die kroon. Die rugkant is hoofsaaklik donker olyfgroen, die kruis is blou-pers. Opvallende wit wenkbroue en klein wit kol op die agterkop. Geslote vlerke lyk donkerrooi; Die stert is vierkantig, donker groen in die middell en die res is persblou. Die sykante van die kop, en bors is 'n ligte pers-bruin, met duidelike wit strepe. Die onderkant, maag en onderkant van die stert het geen strepe. Tydens vlug is hulle effens helderder.

Die vlugvere is blou-swart. Die boonste marginale vlerkvere is ligte-pienk. Die middelste en onderste vere is helder tot donker pers. Die groter vlerkvere is bruin. Primêre vere en alula is ook pers. Die ondervlerk het taamlike lank ligte pienk vere. Snawel is swart, bene en voete is bruin van kleur.

Dieet

Hulle voed op insekte, veral sprinkane, hottentotsgotte, kewers, miere, skerpioene, klein reptiele, muise en soms klein voëls.

Teling

Hulle is territoriale, monogame broeiers, wat afsonderlik neste bewoon. Teling vind plaas tussen Oktober en Junie. Dieselfde nes word 'n paar jaar agtereenvolgens bewoon, en die voëls inspekteer ook die nes buite die broeiseisoen. Die eiers is afgerond, suiwer wit en effens blink.

Gedrag

Hulle is territoriaal en veglustig. Hulle verdryf ander troupante, kraaie en klein valke. Meestal alleen of in pare gevind; paartjies kan honderde meters van mekaar af sit. Sit meestal op dooie takke, binne boomkappe of meer opvallend aan die rand of bo-op bome. Hulle is minder vokaal en minder akrobaties as ander troupante.

Habitat

Hulle verkies die binnekant van oop bosveld. Hulle benodig oor die algemeen groot bome vir teling. Hulle verkies warm lae grondgebiede.

Waar hulle gevind word

Die Groottroupant kom algemeen in Afrika voor. Hulle is wydverspreid in Suid-Afrika, maar oor die algemeen skaars in dig bosveld habitatte.

Naam

Groottroupant

Latynse naam

Coracias naevia