Pietersielie Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Plant enige gewas van ‘n ander familie en probeer om 'n land elke twee tot drie jaar af te wissel.

Opbrengs - ton per hektaar

Konserwatief
Vars: 4 ton
Droog: 0.5 ton
Gemiddeld
Vars: 10 ton
Droog: 2 ton
Goed
Vars: 15+ ton
Droog: 5+ ton

Oes

Afhangende van die grootte van die onderneming kan pietersielie met die hand of met 'n oesmasjien geoes word. Elke plant kan drie tot vyf oeste lewer.
Wanneer die blare vir vars gebruik geoes word, is dit belangrik om in die oggendkoelte te oes om verwelking te voorkom. Die blare moet so gou moontlik na 'n verkoelde prosseseringsfasiliteit geneem word nadat dit geoes is.
Oes pietersielie wat gedroog gaan word op warm oggende en maak seker dat die blare droog is. Sny die stam 10-15 cm bo die grond af en laat 'n paar blare oor om hergroei aan te help.

Storing

Vars pietersielie moet teen 1-2°C met 'n relatiewe humiditeit van oor die 90% vir 'n maksimum periode van agte weke gestoor word.
Droë pietersielie moet in verseëlde houers in 'n koel, droë stoorarea gehou word.

Plae

Algemene plae sluit in aphids, army worms, nematodes, slugs, snails, snout beetles, thrips en weevils.

Siektes

Downey mildew, leaf spot, powdery mildew
Kry kundige raad oor plaaslike toestande en pietersilie gewasbeskermingspraktyke by die plaaslike voorligtingsbeampte of gewasspesialis.

Translated by Rentia Pretorius