Peter Magubane se Loopbaan

© David Meyer-Gollan

Nelson Mandela se Persoonlike Fotograaf

Hy was geslaan en sy neus was deur die Apartheidspolisie gebreek. Hy was op geskiet, op geskiet met bokhael, herhaaldelik gearresteer, aangehou vir 586 dae — die langste bekende periode van aleenopsluiting en verban vir vyf jaar as gevolg van die werk wat hy doen.

Peter Magubane, een van Suid-Afrika se mees gevierde kameramanne het dit alles in die verbyloop gevat. Hy het sommige van die belangrikste historiese gebeure in Suid-Afrika, van die vroue betoging in Pretoria, tot die Rivonia Verhoor, die Sharpeville-bloedbad, die opstande van die 16de Junie 1976 en, later, die vrylating van Nelson Mandela vasgevang en gedokumenteer Hy het die eer gehad om as president Nelson Mandela se persoonlike fotograaf aangestel te word en die lewe van Madiba na sy vrylating vas te vang.

Magubane het dit sy lewe se toewyding gemaak om sy kamera te gebruik om geskiedenis vas te vang en ongeregtighede bloot te stel. "Die kamera was my geweer. Ek was in staat om Apartheid met my 'geweer' dood te maak," het Magubane verklaar. "Ek wou hierdie land vrymaak sonder om ’n regte geweer te gebruik."

Dekades van Historiese Geleentheid

Magubane se loopbaan het by Drum tydskrif begin, waar Jurgen Schadeberg, destydse hooffotograaf, hom onder sy vlerk geneem het. Sy eerste deurbraakprojek was die 1955 ANC-konvensie.

Sedertdien het hy dekades van historiese gebeure gedokumenteer, onder vermomming gewerk om sommige foto's stilletjies te kry deur sy kamera soms weg te steek in ’n uitgeholde Bybel, of in ’n brood. "As ek 'n foto wil neem en as jy nie wil hê ek moet nie, sal ek ’n manier vind om dit te doen.

Na 586 dae in alleenopsluiting, waarvoor meer kon ’n mens bang wees? In 1967 het hy by die Rand Daily Mail aangesluit en sy insidente met die wet het begin: hy was gearresteer terwyl hy 'n betoging buite Winnie Mandela se huis afgeneem het, in aleenopsluiting aangehou, maar die aanklagte was later laat vaar.

Hy is toe met 'n verbodsbevel van vyf jaar gedien wat hom verbied het om as fotograaf te werk, of om koerantpersele te betree. Dit is gevolg deur 'n 98 dae lange aanhouding, ses maande tronkstraf en toe nog ’n rondte aanhouding. Nadat hy 586 dae in aanhouding in Modderbee en Pretoria was, is hy vrygelaat - net betyds om die 16 Junie-opstand te dek.

Vereer in SA en Internasionaal

Hy was al projekte toegewys deur internasionale publikasies soos Time Magazine en Sports Illustrated. Magubane was al beide in Suid-Afrika en internasionaal vereer en was nege eredoktorsgrade toegeken. Hy het meer as 23 boeke gepubliseer en het al vele fotografiese uitstallings saamgesit.

Snapshot of Dr Peter Magubane's Career

In 1990 is dr. Peter Magubane as Nelson Mandela se amptelike fotograaf gekies om die land se vier-jaar oorgang na demokrasie af te neem....more