Oranje Patat

© Louise Brodie

Bestryding van Vitamien A Tekort

‘n Tekort aan Vit A (VAD) is ‘n publieke gesondheidsprobleem in Suid-Afrika. ‘n Onlangse nasionale opname het getoon dat 43.6% van 1-5 jaar-oud kinders en 27% van vroue van voortplantingsouderdom lei aan VAD.
Vit A is belangrik vir normale visie en vir immuun repons. Vit A tekort is die gevolg van ontoereikende hoeveelhede voedsel wat ryk is aan Vit A.
Die inname van povitamien A-ryk groente soos die oranje patat is ‘n langtermynstrategie van die Agricultural Research Council (ARC) om hierdie tekort aan te spreek. Die oranje patat is ook ‘n baie bruikbare voedsel vir skoolvoedingskemas.

Oranje Patat - Voedsame, Maklik Kweekbare Gewas

Die patat is ‘n uitstekende bron van energie en bevat aansienlike hoeveelhede Vit C terwyl dit ook Vit B en minerale soos magnesium, sink en yster bydra tot die menslike dieet. Dit verskaf oorvloedige hoeveelhede provitamien A in die vorm van beta-karoteen. Die meeste van die beta-karoteen word behou tydens die kookproses en die doeltreffendheid van die oranje patat om die Vit A status te verbeter is deur die South African Medical Research Council bewys. Hierdie gewas is reeds met sukses in grootskaalse provitamien A intervensies in Mosambiek en Uganda gebruik.
Die ARC het oranje patats met ‘n aangename smaak, hoë opbrengs en droë tekstuur met hoë hoeveelhede beta-karoteen ontwikkel. Variëteit BOPHELO bevat 7700 - g/100g gekookte patat (of 640g/100g) retinol aktiwiteitsekwivalente (RAE). ‘n 100g gekookte porsie van hierdie oranje patat verskaf die dieetsvoorskrif van die meeste ouderdomsgroepe.

Produksie Praktyke

Die gewas is ryp-sensitief en dit beïnvloed die plantseisoen:
Area
Ligte tot matige ryp
Swaar ryp
Rypvry
Winter reënval
Maande vir Aanplant
Middel Oktober tot Desember
Middel November tot begin Desember
Augustus tot Maart
November tot Desember
Boere kan verspringende aanplantings gebruik om die beskikbaarheid deur die jaar te verleng deur elke maand aanplantings te maak vanaf Oktober to Januarie en dan te oes vanaf Februarie tot Augustus die volgende jaar. Patats word geplant deur middel van steggies, 20-30 cm lank, geplant met 3-4 botsels onder die grond. Die spasiëring tussen rye kan 0,75 -1 m wees met ‘n in-ry spasiëring van 25-30 cm.
Op-erding van patats word aanbeveel omdat dit die grootte van die bemarkbare produk sal verhoog met minder skade aan die patats gedurende die oesproses. Patats word ge-oes na 4 ½ maande in die warm areas, tot 5 maande in die gematigde areas na aanplanting. ‘n Verskeidenheid produkte kan vervaardig word, soos skyfies, sap en doughnuts.

Beskibaarheid van Plantmateriaal

Steggies word versprei vanaf Sweet Potato Vine Growers Association (SPVGA) verskaffers in sake (groot bestellings) of bondels (klein bestellings). Die ARC voorsien die verskaffers van steggies afkomstig van siekte-getoetste bronne en sien toe dat die kwekery-blok doeltreffend bestuur word in terme van pes-en plaagbeheer. Van die rankkwekers word verwag om te voldoen aan streng vereistes. Die kwekery-blokke word geïnspekteer en goedgekeur deur amptenare van die ARC voordat steggies versprei mag wword. Groot hoeveelhede steggies nuwe ARC kultivars is beskikbaar vanaf Augustus tot April.

Translated by Ananda Schoeman