Nelson Mandela en FW De Klerk deur Raymond Louw

© Eric Miller

Geheime Vergaderings

Terwyl hy in die tronk was, moes Nelson Mandela interne probleme oorkom voordat hy gemaklik kon voortgaan met sy onderhandelinge met die Apartheidsregering; hy moes die ondersteuning van sy mede-gevangenes kry om gesprekke met regeringsleiers te begin en 'n aantal was daarteen gekant.


Hy moes ook die verbanne leierskap oortuig dat die strategie ’n wen-wen kwaliteit het. So, die onderhandelings het moeilik en senuweeagtig begin met regeringsleiers wat bang was dat iemand hulle omver sou gooi. Maar, wonderbaarlik, ten spyte van die teenwoordigheid van 'n groot buitelandse perskorps wat deur baie van die wêreld se gesogte en bekwame joernaliste en gierige plaaslike nuuslui bestaan het, het die geheime onderhandelinge ’n geheim gebly.


Selfs toe gevangene Mandela in Februarie 1990 vrygelaat is, is die geheime gehou. Maar nuwe gesprekke in die publiek het begin. Hy het vredesonderhandelinge aangegaan en het die ANC se gewapende stryd binnekort deur die beweging se gewapende vleuel Umkhonto weSizwe (MK of die Spies van die Nasie), wat hy in 1961 gestig het, opgeskort. Hy het dadelik kritiek deur sy militante volgelinge gehad en lede van die ander bevrydingsbewegings, maar hy het volgehou.

’n Merkwaardige Man

In hierdie tyd, toe die onderhandelinge stadig momentum gekry het, het hy ’n vertrouende houding teenoor president De Klerk aangeneem, wat hom as “’n merkwaardige man” beskryf het. Met ’n terugblik op die verkiesingsperiode is dit duidelik dat oud-gevangene Mandela, wat homself as 'n man van integriteit beskou wat 'n ware verhouding met sy voormalige onderdrukkers wil hê, na De Klerk in 'n soortgelyke lig gekyk het en geweet het dat hy ook 'n stabiele, demokratiese toekoms vir die land wou hê.

Teen die einde van 1990 het ek die geleentheid gehad om ’n uitnodiging van die gesogte redakteurs en uitgewersliggaam, die Internasionale Persinstituut, aan hom te oorhandig wat hom vra om die volgende jaarvergadering in Kyoto, Japan, aan te spreek. Hy kon dit nie aanvaar totdat die ANC se nasionale uitvoerende komitee dit goedgekeur het nie.

Daar was dus verskeie vergaderings tussen ons. By een hiervan het ons oor De Klerk gepraat met 'n verstommende eerlikheid - veral vir 'n man wat 'n rewolusie gelei het, hoewel dit onderhandel is. "Ons moet daardie man help," het hy gesê.

"Hy het baie probleme in sy party." Dit was inderdaad nie 'n aggressiewe revolusionêr nie, maar 'n sensitiewe staatsman wat die belangrikheid van De Klerk besef het om die leierskap en beheer van sy Nasionale Party, en veral sy wilde mans, te handhaaf.

As hulle hom verontagsaam, kan die onderhandelinge beëindig en chaos kan heers. Hy het geglo dat De Klerk 'n opdraande stryd in sy party gehad het met lede wat gedink het die onderhandelinge sou tot uitwissing as 'n volk lei.

Vuilstreke Veldtog

Min het oud-gevangene, Mandela, geweet dat nasionaliste, lede en oud-lede van die Veiligheidsraad en staatsamptenare of regswenners wat met hierdie dienste verband hou, 'n vuilstreke veldtog begin om die ANC te verswak en die ondersteuning vir sy enigste swart teenstander, Mangathutu Buthelezi, die Inkatha Vryheidsparty-leier, te versterk.

Dit was duidelik dat oud-gevangene, Mandela, De Klerk vertrou het. Toe ANC-ondersoekers hom dossiers oorhandig het wat bewys het dat daar 'n "Derde Mag" was wat die stabiliteit in die land aktief ondermyn en die ANC probeer verswak het, het hy hulle aan De Klerk vir ondersoek oorhandig, met die vertroue dat De Klerk die bewerings in dié dossiers ywerig nagestreef sou hê.

In plaas daarvan is hulle oorhandig aan senior polisiebeamptes wat 'n paar jaar later blootgestel is as die meesters van die vuilstrek en ander destabiliserende veldtogte teen die ANC. Daardie dossiers bevat name van informante, waarvan baie eenvoudig verdwyn het.

Oortreding van Vertroue

Eers later het president Mandela vertroue in De Klerk verloor. Dit was oor die aanstelling van nuwe raadslede vir die staatsuitsaaier, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, wat destyds streng deur die Nasionale Party-regering beheer is.

Oor ’n tydperk van 'n paar maande in 1992 en 1993 het die veldtog vir onafhanklike uitsending (nou saam met ander organisasies in die Vryheidsuitdrukkingsinstituut) die uitsaaier uit die regering se greep gekry en dit toe verpligtend maak om te stem vir 'n nuwe onafhanklike raad wat aangestel moet word deur 'n proses wat openbare verhore van kandidate voor 'n keuringspaneel insluit.

Die paneel moet 25 name te kies gestuur sou word aan De Klerk en dan aan die president vir aanstelling op die direksie. ’n Belangrike kenmerk van die ooreenkoms tussen die CIB en die regering was 'n verdere ooreenkoms tussen Nelson Mandela en De Klerk dat De Klerk die reg sou hê om name wat hy nie goedkeur nie aan die paneel terugstuur vir herassessering.

Voor hy dit doen, moes hy eers sy besware by Mandela aanmeld, sodat hulle die probleem opgelos kan word. De Klerk het toe sewe name terug aan die paneel verwys, maar het verder gegaan en die paneellede na vergaderings ontbied waar hy met hulle gestry het. Hy het nooit sy besware met Mandela bespreek nie, wat dit as 'n oortreding van vertroue beskou het.

Dit het bitter aanvalle van oud-gevangene, Mandela, op De Klerk veroorsaak, veral tydens 'n seremonie by die Onafhanklikheidsaal in Philadelphia in die Verenigde State waar albei die Liberty-medalje van president Bill Clinton op Amerika se verjaardag, 4 Julie 1993, ontvang het.

Politieke Verdeeldheid

President Mandela het wel geglo dat De Klerk ook bewus was van die planne om die ANC te verswak, en niks gedoen het om hulle te stop te sit nie. Hy het egter in die belang van nasionale eenheid en die behoud daarvan, om die stabiliteit in die land te handhaaf besluit om die dispuut agter hom te sit.

Hul verhouding op die oppervlak was vriendelik en hulle het 'n dialoog gehandhaaf, hoewel daar steeds politieke verdeeldheid tussen hulle was. President Mandela gaan op geleenthede terug na Robbeneiland om die kondisies wat hy en sy kollegas deurgemaak het tydens hul lang gevangenisstraf, te wys.

Translated by Nina Joubert