Marula Tree
Maroelaboom

© Geoff Nichols

Naam

Maroelaboom [Scelerocarya birrea]

Latynse naam

Die geskiedenis van die maroelaboom gaan duisende jare terug. Daar is argeologiese bewyse dat die boom selfs al 10 000 jaar V.C. ‘n voedselbron was. Scelerocarya birrea, subspesies caffera, is een van Afrika se botaniese skatte. Daar word geskat dat 24miljoen maroela vrugte in die Pomongwe grot in Zimbabwe geëet is.
Nie net die vrugte nie, maar ook die neut is ryk aan minerale en vitamiene. Dit wemel van legendes rondom die veelvoudige gebruike van die boom, soos die blare, vrugte, die neut en kerne. Die bekendste hiervan is die vrugte wat olifante ‘mal maak’ wanneer hulle dit eet nadat dit van die boom afgeval en effens gefermenteer het. Die maroela was ‘n steunpilaar in die dieet van Suid-Afrika, Botswana en Namibië in die oud dae.

Beskrywing

Maroelas is bladwisselende bome wat tot 18m hoog word. Hulle groei in verskeie tipes bosland en sanderige leemgrond. Hulle kom voor vanaf Ethiopië tot by Kwazulu-Natal. Hulle blom vanaf September tot November en dra vrugte vanaf Januarie tot Maart. Die vrugte is eetbaar en bevat baie vitamien C. Vlakvarke, olifante, kameelperde en koedoes eet almal die vrugte en blare van die boom.

Gebruike

Die skil van die vrugte kan gekook word om ‘n drankie te maak of gebrand word en gebruik word as ‘n plaasvervanger vir koffie. Die hout is sag en word gebruik vir houtsneewerk; van die binnebas kan tou gemaak word. Argeologiese terreine het bewys dat maroela vrugte reeds vanaf die antieke tye as voedsel gedien het vir Afrika se stamme. Van die bas kan ook ‘n ligbruin kleursel gemaak word. Groot Saturniid ruspes en die larwes van die Cerambycid houtkewer word in hierdie boom bymekaargemaak om gerooster te word.
Binne-in die vrug is twee baie klein, smaaklike neute wat ryk is aan proteïne. Die olie word gebruik vir velprodukte en die groen maroelablare word geëet om sooibrand te verlig. Die bas bevat antihistamines en word ook gebruik vir reiniging deur dit te week in kokende water en dan die stoom in te asem. ‘n Stuk bas word fyngemaal en met water gemeng en afgesluk as behandeling teen disenterie en diarree. Die bas word ook gebruik as ‘n voorbehoedmiddel teen malaria.

Vrugte

Maroelavrugte is baie sappig en aromaties en is ongeveer so groot soos ‘n kleinerige pruim. Dit kan vars geëet word en het ‘n baie hoë vitamiene C inhoud. Dit kan ook gekook word vir konfyt, vrugtesap en alkoholiese dranke.

Waar hulle gevind word

Maroelas is ‘n komponent van die plantegroeisoort bekend as “Bosveld” of savanne, ‘n gemengde plantegroeisoort wat die laer dele van die plato en die laeveld van Mpumalanga, asook ‘n groot gedeelte van die Nasionale Kruger Park bedek. Tipiese plantpasmaats sluit in die haak-en-steek (Acacia), die kremetart, koorsbome, die donkergroen mopanie en hoë polgrasse.

Interessante feite

Maroelabome is tweehuisig, wat beteken dat hulle ‘n spesifieke geslag het. Gebasseer op hierdie feit, glo die Vendas dat bas-infusies gebruik kan word om die geslag van ‘n ongebore kind te bepaal. As ‘n vrou ‘n seun wil hê, word bas van ‘n manlike boom gebruik; vir ‘n dogter, bas van ‘n vroulike boom. As die kind dan gebore word en die geslag is die teenoorgestelde, word gesê die kind is baie spesiaal want hy/sy was in staat om die gode uit te daag.