Mandela, Die Morele Stem van Afrika

© Eric Miller

’n Eenvoudige Lewe

Nelson Mandela het enige voorstelle dat hy Afrika se Messias was, verwerp. "Ek dink nie dit is reg om ’n enkele individu as die Messias wat die redder van die kontinent gaan wees, uit te wys nie.” het hy aan verslaggewers gesê toe hy in 1994 in Tunis by die jaarlikse sessie van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) 'n oorweldigende welkom ontvang het. Dit was sy eerste besoek aan dié organisasie is as President.

Baie mense sien hom egter in daardie lig. Anders as vele ander leiers in die wêreld se kollig, het President Mandela ’n soort heiligheid aan die presidentskap gebring wat grootliks geskep is deur sy ongelooflike lang opsluiting in die tronk, asook sy weiering om bitter te wees teenoor die mense wat hom gedwing het om daardie donker, onproduktiewe jare deur te maak.

In teenstelling met ander staatshoofde wat hul hoë posisies misbruik vir die weelderigheid en hulself in ’n luukse lewenstyl toevou, het president Mandela eenvoudig geleef en sy presidentskap as ’n platform gebruik van waar hy hulp kon verleen.

Hy het ’n spesiale President Kinderfonds gestig met ’n persoonlike skenking uit sy salaris van R 150 000 (US $ 41 000) per jaar vir vyf jaar en het ander uitgenooi om deel te wees deur ’n soortgelyke toegangsfooi te betaal. Baie sakemanne het.

Hy het ook die gewig van die presidentskap gebruik om gewig te gee aan die inisiatiewe wat ontbyt vir laerskoolkinders teweeg gebring het, sowel as die verskaffing van gratis sorg by hospitale en klinieke vir swanger ma’s en klein kinders.

’n Gediskrediteerde OAU Beraad

By die OAE beraad in Junie 1994 het ’n verslaggewer na President Mandela as die "morele stem van Afrika" verwys. In die omgewing van daardie Noord-Afrikaanse stad met sy onderdrukkende regering en die prag en seremonie van ’n diskrediteerde OAE-beraad, tesame met die teenwoordigheid van soveel van die onderdrukkende en korrupte leiers van Afrika, het die naam 'n punt gemaak.

Verslaggewers het gevra of die Suid-Afrikaanse afvaardigers sal probeer om die morele waardes wat Suid-Afrika deur sy nuwe grondwet aan te neem, te bring met die klem op deursigtigheid in die regering en vryheid van uitdrukking en beweging.

President Mandela en sy afvaardiging het beleefd om hierdie kwessies gepraat en in die daaropvolgende jaar voortgegaan met ’n beleid wat kortliks beskryf kan word as ’n "nie-inmenging in ander se interne sake", maar dog ’n aansporing tussen nasies om saam te werk.

Alhoewel president Mandela lande aangemoedig het om demokratiese beginsels aan te neem en menseregte te handhaaf, het hy terselfdertyd geneig om die onderdrukking van menseregte, betrokkenheid by terrorisme, ens. te ignoreer deur lande wat die ANC tydens sy jare van stryd ondersteun het.

Dit het gelei tot verleentheid in Suid-Afrika se verhoudings met die Verenigde State en die Westerse lande wat neerkyk op president Mandela se vriendskap met Libië, die Noord-Afrikaanse paria was in 1988 beskuldig van die vernietiging van 'n Pan American Airlines vliegtuig wat oor Lockerbie in Skotland in 1988 gevlieg het.

Asook sy vriendskap met Kuba se Fidel Castro, wie die Amerikaners nog nooit vergewe het vir die nasionalisering van beduidende Amerikaanse sakebelange, met amper enige vergoeding, nie en die geheime installering van kernrakette op die eiland. Suid-Afrika se olieooreenkomste met Iran het ook wrywing met die Verenigde State veroorsaak.

Dominante Mag in Afrika

Ten spyte van hierdie probleempies het die Verenigde State en Europa na president Mandela en Suid-Afrika gekyk as die dominante mag in Afrika, die vredemaker en die ekonomiese groeipunt. Beide Amerika en Europa het oor die jare miljoene dollars in Afrika geïnvesteer en hulle is nie baie beïndruk met die resultate nie.

’n Onnodige hoë persentasie van daardie rykdom het in die persoonlike koffers van sommige van Afrika se leiers beland, terwyl hul lande tot vervalle gegaan het. Nou, met Apartheid agter die rug, het Amerika en Europa Suid-Afrika aangemoedig om die leierskaprol op die vasteland te aanvaar. Hulle wil graag sien dat hul Afrika-las verminder en meer daarvan na die Afrikane self verskuif.

En wie beter, het hulle geredeneer, om hierdie vrag te aanvaar as president Mandela en Suid-Afrika? Terselfdertyd, onder Afrika-nasies het Suid-Afrika ontstaan ​​as die hoop van Afrika. Dit was vir baie van hierdie nasies moeilik om hul ongeduld oor die tyd wat die transformasieonderhandelings in Suid-Afrika aangegaan het, te onderdruk.

President Mandela is 'n leiersrol op die vasteland toegeskryf en het gehelp om brande in Lesotho dood te maak,terwyl hy in Nigerië, Mosambiek en ander lande invloed uitgeoefen het.

Maar president Mandela het die netjiese strikval waarin hy kon val, herken - word 'n redderstok vir Afrika terwyl chaos tuis ontwikkel. Hy het daarom verstandig gekies om ’n versigtige rol in Afrika aan te neem, terwyl hy die meeste van sy aandag aan sy interne probleme bestee.

Translated by Nina Joubert