Madiba Groet Goed-gesindes in Soweto

© Dr Peter Magubane
Madiba groet goed-gesindes in Soweto.
Na sy vrylating uit die tronk in 1990, het Nelson Mandela na sy huis in Soweto teruggekeer.
Soweto is die informele nedersetting van Johannesburg in Gauteng, Suid-Afrika. Dié township is geleë op die grens van die stad se myngordel in die Suide.
Die naam is 'n Engelse afkorting vir ‘SOuth WEstern TOwnships’. Nelson Mandela het na Soweto in 1946 met sy eerste vrou, Evelyn Ntoko Mase, verhuis. Hulle is in 1957 geskei en sy tweede vrou, Winnie Madikizela, het in 1958 by hom in die huis aangesluit. Hy het min tyd daar spandeer, aangesien sy rol in strydaktiwiteite omvattend geword het en in 1961 was hy gedwing om ondergronds te lewe. Hy het aan die hardloop gebly, tot sy arrestasie en gevangenisstraf in 1962.

Na sy vrylating uit die tronk in 1990, het Nelson Mandela vir slegs 11 dae na sy huis in Soweto teruggekeer. Toe het hy na sy huis in Houghton, 'n weelderige voorstad van Johannesburg, verskuif.
Mandela het na sy vrylating, tyd gehad om inwoners van Soweto te ontmoet en baie het hom en sy familie onthou van die dae toe hy daar gewoon het. Een persoon het, nadat hy Mandela ontmoet het, gesê dat dit vir hom soos die hemel was om Mandela met sy eie oë te kon sien. Dit was vir die persoon 'n droom om hom te ontmoet. In die ontmoeting het hy aan Mandela se hand geraak, en dit vir twee weke nie gewas nie, omdat dit vir hom verkeerd gevoel het.

"Om armoede te klop is nie ’n welsynsdaad nie; dis ’n daad van geregtigheid." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more

Mandela 100 - Timeless Madiba

Verskeie politieke aktiviste, insluitend Nelson Mandela, wat destyds 'n prokureur was, het in die 1950's van verraad beskuldig gestaan....more