Kofi Annan oor Nelson Mandela

’n Toespraak aan Mandela

©Eric Miller

Kofi Annan het ten volle voordeel geneem van die geleentheid van die vyfde Nelson Mandela Lesing op die 22ste Julie 2007 om eer te betoon aan Nelson Mandela se naam en sy menslikheid deur sy en sy vrou, Nane, se vreugde uit te druk oor die feit dat hulle ‘jou verjaarsdag hier met jou in Johannesburg’ (op 18 Julie) kan spandeer en het toe vir humor sy eie persoonlike approbasie bygevoeg: “Dit is werklik vir my ’n eer om hierdie jaar se Mandela Lesing te gee.

Voordat ek begin wil ek iets duidelik maak. Ek lewer ’n lesing in eer van Nelson Mandela. Ek gee glad nie ’n lesing aan Mandela nie. Ek sal dit nie waag nie. As ek het, sou ek my verbeel dat hy grasieus sou luister, verdraagsaam. Maar laat ek jou dit vertel: mens onderneem nie om Madiba voor te lees nie.

Nie op sy verjaarsdag nie, nie op enige ander dag nie. Hy mag dalk jare gelede sy kantoor opgegee het, maar hy het nie een stukkie van sy natuurlike, persoonlike outoriteit weggegee nie. Maar steeds, vir een of ander rede, hou hy aan om my ‘baas’ te noem. Vir jare, wanneer ook al ek bel, sal hy sê: ‘My baas. Hoe gaan dit met jou, baas?’ Ek sal antwoord ‘Hoe kan ek jou baas wees?’ Dan sal hy sê, ‘Sekretaris-Generaal van die VN. Jy bestuur die wêreld.’ Natuurlik, soos wat hy weet, het ek nooit die wêreld bestuur nie.

Nou bestuur ek nie eers die VN nie. En steeds hou hy aan. Ek dink hy terg my. Maar dan weer, hy was nog altyd so. Jy sien dit in sy uitgestrekte glimlag. Nelson Mandela is miskien die mees saggeaarde, goed gehumorde, selfs ondeunde ikoon wat die wêreld nog ooit geken het. Hy is ook een van die sterkstes.

Ons weet almal van sy braafheid en volharding wat hom deur 27-jaar gevangenisskap gekry het en Suid-Afrika deur die einde van Apartheid en ’n moeilike, maar suksesvolle oorgang na vryheid gesien het. Die wêreld het gesien hoe diep hy glo in vryheid, menslike waardigheid en die reg van die individu om haar of sy droom te vervul.

En in ons werk saam was ek geëerd genoeg om te sien hoe gedetermineer hy kan wees in die strewe na daardie ideale. Ek het hom gesien in moeilike onderhandelinge, soos die in Burundi, waar hy besig was om die stryende faksies te kry om hulle gewere neer te sit en vrede te maak. Toe hy sien wat om hom aangaan het hy gesê ‘Julle mans maak my skaam om ’n Afrikaan te wees.’ ’n Verdoemde aanklag van iemand wat ons almal trots maak om Afrikaan te wees.

Jy kan die krag van hierdie woorde indink. Of miskien kan jy nie. Dit was ’n ongelooflike kragtige oomblik. En dit het verseker sy beoogde effek gehad. Op sekere punte – sekere prinsipe — kan Nelson Mandela nie oortuig word nie. Toe sy termyn as president eindig, soos wat jy weet, het baie mense hom probeer oortuig om aan te bly.

Maar hy was gedetermineer om die kantoor te verlaat. Wat ’n wonderlike voorbeeld op ’n kontinent waar presidente, in sommige gevalle, hul lande se konstitusies aangepas of verander het en vir dekades aan mag geklou. Daar is ander voormalige leiers wat belangrike lesse van Mandela se post-presidensie geneem het: dat die middel van die verhoog nie die enigste plek is van waar jy ’n bydrae kan maak nie.

Translated by Nina Joubert