iSimangaliso Vleiland Park

© Roger de la Harpe

iSimangaliso

‘Die vleilandpark moet die enigste plek op aarde wees waar die wêreld se oudste landlewende soogdier (renoster) en die wêreld se grootste landlewende dier (olifant) ‘n ekosisteem deel met die wêreld se oudste vis (selakant) en wêreld se grootste mariene soogdier (walvis).’ - Nelson Mandela
Cape Vidal in die iSimangalisovleilandpark is ‘n KwaZulu-Natal Instansie. Dis ‘n gesinsgunsteling wat ‘n unieke woud, strand en dorp-kombinasie bied.

Die iSimangaliso Vleilandpark is in 1999 as Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied verklaar en verdien sy globale waarde as ‘n plek van geweldige natuurlike skoonheid, belangrike biodiversiteit en ‘n plek van belangrike ekologiese prosesse.
Die park van 332 000 hektaar bevat drie hoof meersisteme, agt aaneengeskakelde ekosisteme, ‘n 700 jaar oue visvangkultuur, die meeste van Suid-Afrika se oorblywende vleiwoude, Afrika se grootste riviermondingsisteem, 526 voëlspesies en 25 000– jaar oue strandduine.
Die park word bestuur deur die iSimangaliso Vleilandpark Owerheid in samewerking met Ezemvelo KZN wat die verskillende toerismekomponente administreer, sowel as plaaslike rolspelers, soos die Bhangazi gemeenskap, die oorspronklike inwoners van die Oostelike Kusgebiede. Dis ‘n ingewikkelde reëling wat balans probeer handhaaf tussen bewaring en voordeel vir die plaaslike bevolking. As sulks is dit ‘n model vir hoe baie parke in Suid-Afrika in die toekoms bestuur sal word.
Die ontwikkeling van iSimangaliso is deurlopend. Meer as 14 000 hektaar kommersiële plantasies is al verwyder en die grond gerehabiliteer. Wildspesies soos olifante, swart-en witrenosters, buffels, jagluiperds en wildehonde is weer teruggebring en gevestig. iSimangaliso beteken ‘wonderwerk’ in Zoeloe en dis nie moeilik om te sien hoekom nie.

Translated by Elna Van Rhyn

iSimangaliso Vleiland en Vleie

Wat voorheen bekend was as KwaZulu-Natal se “Greater St Lucia Wetland Park”, is amptelik herdoop as iSimangliso, ‘plek van die wonderw...more

iSimangaliso Vleiland Park ‘Loo with a View’

Die oornaghut van die Mziki Wandelpaaie is oorspronklik gebou as ‘n observasie en radarpos vir die Catalinaeskader wat op soek was na U-bo...more

Isimangaliso Wêrelderfenisgebied

Die Groter St Lucia Vleilandpark, tans die iSimangaliso Vleilandpark, is in 1999 as Wêrelderfenisgebied verklaar....more