Filefish
Vylvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Vylvis

Alias

Foolfish, Leatherjackets of Shingles

Wetenskaplike naam

Monacanthidae

Grootte

Tot 110 cm, gemiddeld 20 cm.

Identifikasie

Voorste deel van die liggaam is baie diep, vandaar die driehoekige voorkoms. Laterale saamgeperste liggaam. Eerste rugvinnaald is baie lank. Stertvin is stomp (lyk kort). Kop is spits met ‘n klein mondjie en snytand-agtige tande. Kan van kleur verander. Verskillende kleure met helder patrone vir kamoeflering. Manlike en vroulike kleure verskil.

Algemene Inligting

Die Monacanthidae familie bestaan uit 31 genera en 95 spesies. Kom voor naby riwwe, in lagunes of in skeure. Jonges skuil in seegras. Word gewoonlik in pare aangetref. Vel is skuurpapier-agtig, vandaar die vis se naam. Broei op die bodem. Eiers word deur beide ouers opgepas.

Voeding

Voedsel verskil van spesies tot spesies. Van alge tot seegras tot klein ongewerweldes. Sommige spesies leef slegs van korale en zooplankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Blacksaddle mimic filefish (Paraluteres prionurus)
Harlekyn vylvis (Oxymonacanthus longirostris)
Heuningkoek vylvis (Cantherhines pardalis)