Dr Peter Magubane Ontbloot Kinderaarbeid

© David Meyer-Gollan

‘Sonder Opvoeding Kan Jy Niks Doen Nie!’

Dr. Peter Magubane arriveer in Soweto deur van die agterpaaie gebruik te maak. Peter is op die uitkyk vir die minderjarige werkers op die wrakwerf en steenkool koolwerf. Sy teenwoordigheid besit die ruimte wat dit inneem. Dieselfde passie wat hom gedryf het om die gruweldade van die Apartheidsjare te ontbloot, vuur hom om die sosiale stryde van vandag vas te vang.
Dr. Peter Magubane ry in ’n Sowetan wrakwerf in. Dit is ’n metaalbegraafplaas. Reuse geroeste tande byt in die lug in. Magubane is opsoek na die jong seuns wat hier werk. Hulle verlaat skool om so min as R5 ’n dag te verdien deur skrootmetaal bymekaar te maak en te verkoop. ‘Baie van hulle draai stokkies en verstaan nie die waarde van opvoeding nie’, probeer hy om die ingewikkelde kwessie te verduidelik. Magubane reik gereeld verby die kameralens om die mense wat hy afneem te help. Oor die jare het hy gehelp om vele weghardloopkinders met hul ouers te herenig. Hy verduidelik dat hy nie sal inmeng totdat ‘Hulle na my toe kom “Madala! Madala!” roep hulle my, “Ek wil huistoe gaan.” Uit die vyf-en-dertig seuns en meisies wat hy al gehelp het, het slegs vyf weer teruggekeer strate toe.

Uitgebuit en Arm

Hy bereik sy volgende bestemming. Dit is af van die teerpad af, in die hartjie van die Jabulani steenkoolwerf in. Miniatuur berge van depressiewe klonte metaal blok die omliggende wêreld uit. Plakkershuise is hartseer geposisioneer op die rand. ’n Jong ma hang helderkleurige klere op ’n lyn, terwyl ’n baba seuntjie in die vuil modder speel. Hoenderhokke staan orals opgestapel en die paar wat ontsnap het, hardloop in kekkelende sirkels. Daar is ’n bitter reuk wat in die lug hang. Met sonsopkoms begin die jeug om die swaar steenkool te bewerk vir die donkiekaraflewerings regoor Soweto. In die winter lyk die township buitelyn wasig van al die steenkoolvure. ‘Dit is warmer hier en hulle het skuiling’. Magubane kyk by die venster uit. Uitgebuit en hartverskeurend arm, die grootste probleem wat hierdie kinders in die gesig staar is ‘Sonder twyfel, opvoeding. Sonder opvoeding kan ’n mens niks doen nie!’ ’n Geharde man herken die fotograaf. ‘Hy is een van my seuns,’ juig Magubane. ‘Hy werk al jare hier’. Dit is aangrypend dat die seun wat hy in die 1970’s afgeneem het, sy leidraad na die steenkooljeug van vandag is. Hy het sy kontrak gemaak, so hy los die Armageddon maanlandskap agter vir die meer lewendige strate van Zola, waar tieners die sypaadjies en parke versier en hy steek ’n bewende vrou wat haar rolstoel in die linkerbaan bestuur, verby.