Dr. Peter Magubane Amptelike Fotograaf vir Nelson Mandela

© David Meyer-Gollan

Ontmoeting met Nelson Mandela

Dr. Peter Magubane onthou sy onskuldige eerste ontmoeting met die man wat later ’n lewenslange vriend sou word. ‘Dit was gedurende die tyd toe Mandela regte beoefen het. Ek het ’n prokureur nodig gehad om my pa wat in ’n motorongeluk betrokke was, te verteenwoordig. So ek het na Mandela en Tambo se kantore gegaan’, onthou hy. Ek het nie toe geweet hoe betrokke hulle by die politiek van die land was nie. Mandela het vir my gesê dat hy te besig is en dat hy nie te veel nuwe gevalle wil aanpak nie, omdat hy besig was om werk wat hulle alreeds het af te handel. Ek moes ’n ander prokureur vind.’
Met die verloop van tyd het Peter se kinders vriende geword met die Mandela kinders, omdat hulle na dieselfde skool in Swaziland gegaan het. Dit was vir my moontlik om vir hulle vervoer skool toe te bied, aangesien ek geweet het dat hulle ma [Winne Madikizela-Mandela] dit nie kon doen nie, omdat sy ook verban was. Gelukkig het ek mense gehad op wie ek kon staatmaak om nie die geheim te verklap nie,’ vertel Peter. Stadig, byna indirek, het ’n verwantskap tussen die twee politici gevorm – een wat met woorde en optrede praat, en die ander wat met sy kamera praat.

Besoeke op Robbeneiland

Dr. Peter Magubane gaan besoek Nelson Mandela in die tronk op Robbeneiland en versterk die verhouding tussen die toekomstige President en die charismatiese kameraman. ‘Ek het ’n Xhosa pseudonaam gebruik - Ralanqobuso Mtirara. Ek weet nie hoe hulle my ingelaat het nie, maar hulle het. Ons was albei verbaas om te sien hoe tyd ons fisiese voorkoms beïnvloed het, maar ons was albei sterk vegters van hart,’ sê Peter. ‘Mandela het my geluk gewens op die fotografiese werk wat ek gedoen het om die land sonder vrees te ontbloot.’ Die ontmoeting is kort en die gesprek moeilik, omdat hulle deur twee gevangenisbeamptes wat naby staan, dopgehou word. Dog weet Peter dat daar ’n belangrike band tussen die twee mans gemaak is.

Geleentheid van ’n Leeftyd

Op 11 Februarie 1990, staar dr. Peter Magubane bitter teleurstelling in die gesig. 'Die mees historiese dag in die land se geskiedenis, toe Mandela uit die tronk uit vrygelaat was, was my grootste fotografiese uitdaging. Groot skare het buite die Victor Verster tronk in Paarl gevorm. Mense het selfs bo-op busse en trokke geklim om te sien. Daar was fotograwe op die grond en ek het by hulle aangesluit om ’n plek te probeer vind van waar ek daardie spesiale oomblikke kan afneem. Toe Mandela uiteindelik uitloop, het die massiewe skare met so groot krag voorentoe gebeur dat ons letterlik in die waansin betrap is. In my hele loopbaan was dit die enigste belangrike foto wat ek nie kon neem nie. Ek was ongelooflik gefrustreer en teleurgesteld, maar wat kon ek doen? Die enigste opsie was om aan te beweeg en te rus met die wete dat ek ander waardevolle oomblikke kon afneem.
Die geleentheid van ’n leeftyd het gekom toe Peter ’n ander ontmoeting met Mandela het. Alhoewel hy die belangrike ‘eerste stappe van vryheid’ gemis het, was Peter geëer om gekies te word as Mandela se amptelike fotograaf om die land se vier-jaar oorgang na Demokrasie af te neem.

Die Reis Begin

En so begin die historiese reis. Peter speel ’n belangrike rol in die daaglikse wonderwerk wat besig is om die lewens van Suid-Afrikaners te ontvou, gedurende sy vier-jaar termyn as amptelike fotograaf. Hy maak die meeste van die beste posisies aan hom beskikbaar by die talle fotografiese geleenthede op die pad na ’n nuwe politieke bedeling. Magubane beskryf hoe sy verhouding met Mandela versterk het, terwyl hulle deur die ‘gang van vrede’ saam reis. ‘Ons het mekaar alreeds vertrou en ’n wedersydse respek vir mekaar gehad. As ’n fotograaf, as iemand wat geskiedenis vasvang, sal dit nie vir jou moontlik wees om die waarheid te vertel as dit nie vir jou moontlik is om te vergewe nie. Gedurende hierdie spesiale jare het ek geleer dat ’n mens geduld moet hê; jy moet leer om te erken dat foute gemaak word.’

Gunsteling Foto

Daar is foto’s van Mandela wat besig is om ernstig te wees, en dan hou hy weer ’n baba vas; en ander tye is hy besig om te dans. Dit is die man wie die meeste wit Suid-Afrikaners gedink het miskien anders is. Eerder as om hulle ergste vrese van hul uit die land uit druk te bevestig, het hy hande van vrede aangebied en gesê: “Kom, laat ons saamwerk, laat ons hierdie land saam opbou.” Daar is ’n sprankel in Peter se oë terwyl hy die geleentheid onthou wat aanleiding gegee het tot sy gunsteling foto in sy boek Man of the People: A Photographic Tribute to Nelson Mandela. 'Dit is beslis die een van Mandela wat by sy 72de verjaarsdagviering geneem is, by Kippies in Newtown, Johannesburg. Jy kan die geluk van vryheid in sy oë sien skyn.’
Toe Peter meer as ’n 100 foto’s aan Nelson Mandela geskenk het, het hy gesê ‘Ek wil vir Madiba dankie sê dat hy my vertrou het, en toegelaat het om daardie deel van sy lewe te dokumenteer.’ In die woorde van Nelson Mandela, Peter Magubane se foto stories op Apartheid, ‘het gehelp om die pad na transformasie in Suid-Afrika vas te lê’. Op die pad het Peter groot persoonlike verliese verdra.