Catshark
Kathaai

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Kathaai

Wetenskaplike Naam

Scyliorhinidae

Grootte

Tot 3 m

Identifikasie

Oorsprong van die eerste rugvin agter die buikvinne is die vernaamste wyse van identifikasie. Die tweede rugvin is groot. Ovaalvormige oë. Onreëlmatige patrone van verskillende kleure oraloor die liggaam.

Algemene Inligting

Die Scyliorhinidae familie bestaan uit 15 genera en 105 spesies. Grootste haaifamilie. Aangetref in vlak areas na-aan riwwe tot dieptes van 2000m. Meestal snags aktief. Prooi word met ‘n hap-aksie gevang. Eiers word vrygestel in sterk eierkaste met ranke. Sommige spesies is ovovivipaar.

Voeding

Leef hoofsaaklik van ongewerweldes en klein vissies.

Verspreiding

Kom voor in alle oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Coral catshark
Atelomycterus marmoratus
Puffadder shy shark
Haploblepharus edwardsii
Pyjama catshark
Porodermaafricanum