Cardinalfish
Kardinaalvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Kardinaalvis

Wetenskaplike Naam

Apogonidae

Grootte

Tot 20 cm

Identifikasie

Langwerpige, afgeplatte liggam. Groot oë. Twee aparte rugvinne. Groot, skuinshellende mond. Dikwels helder gekleurd met goue, rooierige kleur dominant.

Algemene Inligting

Die Apogonidae familie bestaan uit 22 genera en 207 spesies. Die volksnaam is geneem van hulle dikwels rooierige kleur. Kom voor in pare of klein groepies in grotte of splete op die rif. Vreet meestal in die nag. Na bevrugting hou die mannetjie die eiers in sy mond totdat hulle uitbroei. Een van die min spesies waar manlike mondelikse broei plaasvind.

Voeding

Vreet soöplankton (dikwels copepods) en klein ongewerweldes soos crappe en garnale.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld. Sommige word gevind in vars water.

Algemene Spesies

Five-lined kardinaalvis
Cheilodipterus quinquelineatus
Indian tiger kardinaalvis
Cheilodipterus lineatus
Short-toothed kardinaalvis
Apogon apogonides