Cape Wagtail
Gewone kwikkie

© Roger de la Harpe
Cape Wagtail.

Naam

Gewone kwikkie (Motacilla capensis)

Familie

Motacillidae (Kwikkies, Koesters en Kalkoentjies)

Lengte

18 cm

Habitat

Gewoonlik naby varswater- of strandmere, maar is ook aangepas vir stadsparke en tuine.

Roep

’n Duidelike ‘tsee-tjee-tjee’ roep en ’n fluitende, trillende gesing.

Voortplanting

2 – 4 eiers, gewoonlik 3, maar tot 5 en 7 is al aangeteken. Dofgeel min of meer fyn gespikkeld met bruin. Inkubasie deur beide geslagte is 13 - 14 dae.

Voorkoms

Die volwasse gewone kwikkie is onmiskenbaar met sy olyfgrys rugkant, grys band oor die bors en vuilwit borskant. Geen wit op sekondêre vere.
Onvolwasse voël: Die kop is bruin soos die rug, die onderkant is bruin en die vlerkdekvere het wit punte.

Bewaringstatus

Algemene inwoner

Verspreiding

Vanaf Kenia en die ooste van die Kongo na die suide na die Kaap.