By die Huis met dr. Peter Magubane

© David Meyer-Gollan

’n Leeftyd se Werk

Dr. Peter Magubane se sitkamer is gevul met helder kralewerkpotte en houtkerfsels. In die hoekie sit ’n antieke grammofoon trots, naby aan ’n swart-en-wit foto van hom met ’n trompet voor sy gesig. ’n Stralende jong Sophiatown-man poseer agter ’n strooihoed.
Dr. Magubane sit voor ’n venster en die lig verhelder sy kenmerklike wit hare. Ons word gelos met ’n beeld van ’n man wie se lewe ’n onlosmaakbare deel in meer as ’n half eeu van Suid-Afrika se geskiedenis ingeweef is.

Van Bestuurder tot Fotojoernalis

Sophiatown, 1955. Dit is ’n Saterdagaand. Die spoggerige mans en stylvolle dames loop rond in die drop, uitgevat van kop tot tone. Hoë-hakke klik-klak op die stowwerige strate. Die verleidende jazz-musiek trek jou in ’n nabye sjebeen. Binne speel die saxofone swyende ritmes en gesellige gesprekke vul die aandlug. In die hoekie sit ’n aantreklike 23-jaar oue Peter, besig om die nuusberigte met sy Drum vriende, Can Themba 'die Engelse meester' en Bob Gosani 'die briljante fotograaf', te bespreek. In minder as ’n jaar het Peter sy pad van ’n bestuurder tot fotojoernalis opgewerk. Hierdie drie vorm deel van die aantal sterre wat Sophiatown groot gemaak het. Terwyl ander die sosiale ongelykhede van Apartheid op die politieke platvorm wou aanvat, het Peter gekies om dit met sy kamera te doen. Hy onthul; ‘Ek wou die lewens van swart Suid-Afrikaners van daardie tyd dokumenteer. Dit was wat my na fotografie gedryf het.' Die Peter in 1955 het geen idee gehad wat die jare vorentoe vir hom sou inhou nie.’
Sophiatown, huidig. Soos wat Peter op pad na Soweto deur die strate van Sophiatown ry, onthou hy sy kinderdae wat hy op daardie strate spandeer het. Die ou mynstad-tipe huise wat vir die wit gemeenskap van Triomf gebou is op die ruïnes van Sophiatown, staan op grond wat belaai is met geskiedenis. Dit is moeilik om die legendariese dae van Sophiatown, wat geboorte gegee het aan aktiviste en kunstenaars soos Peter, in te dink. Daardie strate besit sy jeugherinneringe: die eerste kamera wat sy pa vir hom gegee het, sy ma se liefde en dissipline, die vuurhoutjieboks-grootte huis wat hy en sy familie volgemaak het, toe hy deur ’n mes gesteek was eendag terwyl hy buite gespeel het.