Bontebok

© Nigel J Dennis

Naam

Bontebok (Damaliscus pygargus pygargus)

Voorkoms

Die bontebok is 'n medium- grootte wildsbok. Dis donkerbruin aan die bokant met 'n prominente wit bles op die gesig, met 'n suiwer wit stuitjie, maag en hakke en ‘n swart stert. Albei geslagte het horings, hoewel die horings van ramme swaarder en langer is as dié van ooie.

Dieet

Dit is 'n vlakte boksoort en verkies kort grasvlaktes binne die plantegroei tipies van die fynbos-planteryk.

Voortplanting

Die bontebok is 'n seisoenale teler. Ooie word op twee jaar seksueel aktief. Paring vind plaas tussen Januarie en middel Maart. ’n Enkele kalf word in September of Oktober na 'n dragtigheidsperiode van 238 - 254 dae gebore.

Gedrag

Bontebokke is trop-en dagdiere. Ramme is territoriaal en ‘n ram sal in die teelseisoen 'n klein groepie van twee tot agt ooie en hul lammers verdedig. Jong ramme loop saam in groot ramtroppe.

Waar hulle gevind word

Die bontebok is so erg deur die koloniste gejag dat slegs 22 in 1830 gebly het. Vandag word hulle beskerm in die Bontebok Nasionale Park wat in 1931 proklameer is. In 1992 het hierdie bevolking tot 2000 gegroei. In 1961 is 'n tweede reservaat naby Swellendam geproklameer, wat vandag 200-300 bontebokke huisves. Histories was die verspreiding van die bontebok beperk tot die suidwes-Kaap, waarvandaan dit ook na ander bewaringsgebiede buite hul natuurlike voorkomsgebiede verskuif is.

Veldnotas

Die Bontebok-naam kom van die kleur en is afkomstig van die Nederlandse setlaars wat in die 1600's aangekom het. Die bontebok het so erg gekruis met een van sy subspesies, die blesbok, dat daar nou onder sommige bewaringskenners 'n siening bestaan dat daar geen ware stamme van enige van die twee bokke oor is nie.