Besproeiing Van Weiding

© U.S. Geological Survey

Wanneer om weivelde te besproei en hoeveel water benodig word? Of is dit selfs nodig om te besproei? Afhangende van die area kan reënval voldoende vog voorsien vir sekere gewasse, maar in tye van veranderende weerpatrone is besproeiing dikwels nodig om reënval aan te vul.

Te veel water, afgesien van die verkwisting daarvan en hoe duur dit is, kan ook toesien dat voedingsmiddels uit voedingstowwe uitlek en grond versuiping veroorsaak. In teenstelling kan te min water groei by weiding vertraag.

Besproeiing Vereistes Van Weidingsgewasse

Klawer
Klawer groei in gebiede wat geskik is vir “Rye grass” produksie. Wit en rooi klawer het omtrent 800 mm of meer reën per jaar nodig. Besproeiing: 25-50 mm per week. Swak droogteverdraagsaamheid. Balansa klawer kan verbou word onder 350 mm reën terwyl Berseemklawer 'n gemiddelde reënval van meer as 600 mm benodig, of minder as dit aangevul word  deur besproeiing.

Hen se Voet
Hen se voet groei goed in koeler klimate met ʼn reënval van oor die 900 mm.  Dit reageer goed op besproeiing maar nie so goed soos ander weidingsgewasse nie.

Eragrotisan Tef
Afrikaanse gras wat ekonomies belangrik is as 'n graan gras verskaf wit meel van goeie gehalte en ook ekonomies is vir voer en hooi. Geen besproeiing is nodig vir tef nie omdat dit goed groei onder droëland toestande of waar reënval meer is as 400 mm.

Langswenkgras
Langswenkgras  groei gewoonlik in hoë reënvalgebiede en vind baat by besproeiing gedurende die droë wintermaande in somerreënvalgebiede.  Dit is geskik vir aanplanting in moerasagtige of nat grond.

Jakkalsstert Buffel Gras
Die gras is baie droogtebestand en kan groei in toestande wat wissel van 100 mm - 1 000 mm reën per jaar, maar kan nie grond wat versadig is met water duld nie. Wanneer dit onder besproeiing is kan die voer tot tien keer per seisoen geoes word met tussenposes van 35 tot 40 dae.

Guinee Gras
Meer as 500 mm water per jaar is nodig om 'n goeie oes van Guinee gras te groei.

Kikoejoe
Reënval van meer as 750 mm is nodig vir kikoejoe  produksie, maar dit kan in 'n laer reënvalgebied groei waar besproeiing nodig is om sy waterbehoeftes te vul.

Lusern
Lusern is geskik as 'n droëland weiding met reënval van laer as 500 mm en die opbrengste wat kan verbeter onder besproeiings voorwaardes. 

Paspalum
Kan besproei of gekweek word onder droëlandtoestande waar reënval  ten minste 650 mm is.

Rhodesgras
Rhodes gras groei natuurlik in die droë gebiede van die Oos-Kaap, maar kan ook groei in subtropiese gebiede met 'n reënval van 400 mm - 1 000 mm.

Rye Gras (jaarliks)
Nie geskik vir droëland produksie nie. Raaigras moet gekweek word in gebiede met 'n gemiddelde somerreënval van meer as 1 000 mm. Besproeiing word in die meeste grondtipes aanbeveel gedurende Januarie/Februarie, 25 mm elke 4 tot 5 dae en dan 25 mm weeklikse vir die res van die groeiperiode. 

Rye Gras
Die gras is geskik vir produksie in koeler gebiede waar reënval  versprei is oor die seisoen en dit 1000 mm oorskry.

Smuts Vingergras
Aangepas in droë gebiede en verkies die somer reënval van meer as 500 mm. Nie geskik vir versuipte grond nie.

Sorghum
As 'n droogtebestande gewas, is sorghum geskik vir droëland weivelde of waar reënval meer as 400 mm per jaar is.

Babala of Pêrel Broodmanna
Dit is ook 'n droogtebestande gewas en geskik vir droëland weivelde of waar reënval 400 mm per jaar is. Verdra nie nat grond nie.

Weeping Lovegrass
Lovegrass verkies ligte grond en reënval van meer as 650 mm maar kan oorleef met 'n gemiddelde reënval van 450 mm. Besproeiing kan reënval aanvul.

Wanneer Om Weiding te Besproei

©Chris Daly

Die frekwensie van besproeiing is afhanklik van die oes spesies, beskikbaarheid van water, grond water inhoud, die tempo van evapotranspirasie en die diepte van die weiding se plantwortels. Die Navorsingsraad vir Water (WRC) beveel aan dat met elke besproeiing moet die grond aan veldkapasiteit in die wortelsone van die weiding gebring word. Eenvoudig gestel, beteken dit dat meer besproeiing minder dikwels moet geskied. Dikwels geskied besproeiing te laat wat dan kan lei tot 'n vertraging in stikstofbemesting. Gewoonlik word kunsmis voor besproeiing toegedien na daar gewei is of as dit gesny is vir hooi.

Translated by Wilma Koeppen