Wrasse

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Wrasse

Alias

Lipvisse

Wetenskaplike naam

Labridae

Grootte

Tot 2,5 m, gemiddeld 45 cm

Identifikasie

Saamgeperste, langwerpige liggaam. Aaneenlopende rugvin. Sterte amper gerond, sommige stomp, gevurk en halfmaanvormig. Gladde skubbe. Baie kleurvol en maklik om raak te sien op riwwe – helder oranje, geel, blou, wit, groen en swart. Jonges lyk dikwels anders as volwassenes.

Algemene Inligting

Die Labridae familie bestaan uit 69 genera en 500 spesies. Volop op riwwe. Wordook gevind op sanderige bodems, grasbeddings en in rotspoele. Kan geslag verander as ‘n dominante mannetjie doodgaan. Sommige klein spesies tree op as skoonmakervisse op riwwe. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van soöplankton, vis en ongewerweldes soos buiswurms, seesterre, krappe en garnale.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Goudsaal varkvis - Bodianus perdition
Lierstert varkvis - Bodianus anthioides
Ramkop-lipvis - Cheilinus undulates