Rustigheid en Sjarme - Aktiwiteite
Witrivier, Mpumalanga

Die Casterbridge Boetiek Hotel is baie naby aan die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe gelee wat maklike lug toegang tot Kruger Park bied.

Die Kruger park

Daar is ook maklike pad toegang tot Kruger Park beskikbaar want dit is so naby die park gelee.  Die gerieflike akkommodasie bied n goeie basis waarvandaan mens dag tot dag toere in die Nasionale Park kan doen.

Casterbridge Leefstyl Sentrum

Reg langsaan die hotel is die Casterbridge Leefstyl Sentrum. Hier kan gaste die goed toegeruste gimnasium en pilatus ateljee gebruik. Die Leefstyl Sentrum is maklik bereikbaar vir toeriste wat  inkopies wil doen of net n boek wil kry om te lees. Daar is baie pragtige boetieks wat Suid Afrikaanse produkte enig in sy soort van kunstenaars, pottebakkers en beeldhouers te koop aanbied. Eet heerlike aandete of drink n heerlike koppie gebroude koffie by een van die restaurante en as daar nog tyd is loop rustig deur die Saterdag opelug mark.

Vintage Motor Museum

As die geskiedenis van klassieke motors jou interesseer sal jy dit geniet om by die Wit Rivier se Geskiedkundige Motor Museum te stop. Hier kan jy n groot aantal perfekte herstelde ou motors, trekkers en motorfietse besigtig. Motor entoesiaste en nuuskierige toeriste kan n verskeidenheid van ou motors soos die Willys-Overland, the Swift, Model T Ford, die 1929 Austin Seven, verskeie MGs en die 1936 Jaguar SS100 besigtig.

Vol Daguitstappies

Casterbridge Hollow Boetiek Hotel spog met sy prima ligging langs die panorama roetes van die Wit rivier. Dit is n dagtoer deur een van die ongelooflikste panoramiese roetes in Suid afrika. Alternatief as jy klaar besluit het om dit met jou eie voertuig te doen is Casterbridge Hollow n perfekte basis om jou avontuur te begin. Op n voldag toer wat van die hotel vertrek kan jy belangrike toeriste bestemmings soos Pelgrims Rus, God’s window, die Drie Rondawels en natuurlik Blyderivier geniet.