Vervet Monkey
Blouaap

© Nigel Dennis

Naam

Blouaap (Chlorocebus pygerythrus)

Dieet

Die blouaap is ’n omnivoor en die grootste deel van hulle dieet sluit vrugte, blomme, blare en insekte in. Primate is een van die min soogdiere met kleurvisie en sodoende kan die blouaap tussen groen en ryp vrugte onderskei.

Voorkoms

Die blouaap mannetjie het ’n lengte van 1.1 m en weeg 6 kg en die kleiner wyfie weeg slegs 4 kg. Die blouaap het ’n silwergrys lyf en ’n swart gesig.
Die wenkbrou-rif, voete en stertpunt is wit. Die geslagsorgane van die volwasse mannetjie is helder gekleur om seksuele status aan te dui, naamlik ’n rooi penis en ’n blou skrotum.

Voortplanting

Die blouaap paar seisoenaal en gee na ’n dratyd van 140 dae, gedurende Maart tot Mei, geboorte aan ’n enkele kleintjie. Daar is ’n korrelasie tussen die geboorte tussenposes en ’n oorvloed kos aangesien ’n seisoen oorgeslaan word as daar ’n kosskaarste is.

Sosiale Gedrag

Blouape is hoogs sosiale diere en bly in goed georganiseerde troppe wat deur die mannetjies beheer word. Wyfies verlaat nie hulle geboorte-trop nie, maar mannetjies verlaat die trop as hulle seksueel volwasse is. Toegang tot voedsel word bepaal deur die dominansie-hiërargie.

Habitat

Die toereikende digtheid van hoë bome en die beskikbaarheid van permanente oppervlakwater, laat hierdie primaat toe om in ’n wye verskeidenheid makro-omgewings te bly.

Verspreiding

Anders as baie tropiese Afrika-lande is daar slegs twee aap spesies in Suid-Afrika naamlik die blouaap en die samangoaap. Albei is vrugte etende boombewoners en kan sodoende ernstige skade aan kommersiële vrugteboorde doen.
Die blouaap is algemeen in Suid Afrika en kom orals voor waar daar in sy noodsaaklike habitatsvereistes voldoen word. Die oormaat wattelbome het dit vir die blouaap moontlik gemaak om ’n wyer verspreiding as vroeër te hê.