Luukse Safari - Aktiwiteite
Tuinroete, Wes Kaap

Geleide bos wandelinge in die Botlierskop Privaat Wildreservaat is ’n intieme ervaring met die natuur.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte is nie ’n aktiwiteit wat slegs in die Kruger Wildtuin aangepak kan word nie. By hierdie wild lodge kan jy die wildernis in ’n oop-4x4-safarievoertuig ontdek.

Tydens die aandwildbesigtigingsritte gebruik jou gids ’n soeklig om vir jou die nagtelike diere soos die tierboskatte, jakkals, vlêrmuise, uile en selfs die meer ontwykende luiperds uit te wys. Jy sal diere sien wat gewoonlik daarvan hou om onder die kombers van die donkerte weg te kruip.

Geleide Bos Wandelinge

Hierdie wandelinge word gelei deur opgeleide, passievolle gidse en spoorsnyers wat jou meer sal leer oor die plaaslike plante en bome. ’n Bos wandeling is die geleentheid om kleiner diere soos voëls, reptiele en insekte wat gereeld op wildbesigtigingsritte oorgekyk word, te aanskou.

Perdry Safari’s

Botlierskop Privaat Wildreservaat bied perdry safari’s aan sodat jy die natuurlike omgewing van ’n ongewone perspektief kan geniet. Verken die bos op ’n ontspanne pas, sonder om die omgewing te versteur. Gaste kan kies tussen ’n 1, 2 of 3 uur-lange rit. Kinders bo die ouderdom van 6-jaar mag aan hierdie aktiwiteit deelneem.

Kinder Aktiwiteite

Kinders kan deelneem aan die “Young Guide”-program wat deur ervare gidse en spoorsnyers aangebied word by Botlierskop Privaat Wildreservaat. Hierdie program sal jonger gaste leer om dierspore te identifiseer en om die mis en habitat te lees vir inligting oor die inwonende diere.

Hulle sal ook meer leer oor hoe om dierspore te lees en diere aan hul mis en geluide te identifiseer. Daar is ook Afrika gesigverf, kinderboodskappe en vang-en-laat-gaan visvang met die gidse. Slegs kinders tussen die ouderdom van 6- en 12-jaar mag aan hierdie program deelneem.

Privaat Spa

By hierdie Tuinroete wild lodge jy kan gepamperlang word in die privaat spa met ’n uitsig oor die rivier en die berg in die agtergrond. Daar is Afrika masserings, gesigbehandelinge, manikure en pedikure om van te kies. Daar is ook behandelinge wat aangepas is vir kinders om te geniet.