Luukse Safari - Jou Verblyf
Tuinroete, Wes Kaap

Kies uit die volgende akkommodasie opsies by Botlierskop Privaat Wildreservaat.

Jou Kamer

Botlierskop Tented Lodge bestaan uit ’n reeks tent-suites wat geskadu word met inheemse bome. Die suites is aan die hooflodge gekonnekteer met opgeligte wandelpaaie. Daar is ’n ruim ontspanningsarea, oop vuurmaakplek en restaurant. Kinders bo die ouderdom van 6-jaar is welkom. Luxury and Deluxe Tent Suites: Ideaal vir gaste wat nie luuksheid wil prysgee nie. Hierdie tent-suites is lugversorg en het privaat houtdekke met ’n rivier en berg uitsig.

Elke tent het ’n hemelbed, muskietnet, klein kamerkroeg, koffie-en tee maak geriewe, elektriese komberse, telefone en ’n kamerkluis. Die en-suite badkamer kom toegerus met ’n ovaalbad en buitelugstort.

Deluxe Tent Suites: Hierdie lugversorge tent-suites by Botlierskop Privaat Wildreservaat is gebou op ’n privaat houtdek. Die dek en hangmatte het ’n ongesteurde uitsig oor die rivier. Die hemelbed is gedrapeer met ’n muskietnet, ’n klein kamerkroeg, koffie en tee maak geriewe, ’n elektriese kombers, telefoon en kluis. Die en-suite badkamer is toegerus met ’n ovaalbad en ’n buitelugstort.

Executive and Family Suites elke ruim, lugversorgd en elegant gedekoreerde Executive- en familiesuite het ’n aparte ontspaningskamer met ’n toegeruste klein kamerkroeg, koffie en tee maak geriewe en ’n buitelugstort. Hierdie suites het ook ’n plonspoel en die Familiesuite bied 3 slaapbanke - ideaal vir kinders tussen die ouderdom van 6- en 12-jaar oud. Hierdie suites het elkeen ’n stoep wat uitkyk oor die vlaktes van Botlierskop en bied gaste die geleentheid om vanuit hul leunstoel wild te besigtig.

Die Manor House oorspronklike ou plaashuis, gebou in die 1800’s, is onlangs gerenoveer in ’n luukse herehuis. Die huis is naby aan Botlierskop Privaat Wildreservaat se Tent Lodge gebou en kinders onder die ouderdom van 6-jaar word nie toegelaat nie. Elke kamer in Botlierskop Privaat Wildreservaat se herehuis is gedekoreer in ’n kontemporêre plaasstyl.

Elke kamer het ’n klein aparte ontspanningsarea, ’n toegeruste klein kamerkroeg, koffie- en tee fasiliteite, telefoon, televisie, DSTV, DVD-speler, kluis, elektriese kombers, en ’n verwarmer en lugverkoeling. Luukse items soos kamerjasse en pantoffels verhoog elke gas se ervaring. Daar is ook en-suite badkamers met ’n stort alleenlik.

Die Stable Manor House kamers is aan die agterkant van die herehuis geleë. Elke kamer het ’n klein ontspanningsarea met ’n kamerkroeg, koffie en tee maak geriewe, telefoon, kluis, elektriese kombers, verhitting en lugverkoeling. Gaste kry elk ’n kamerjas en pantoffels in die en-suite badkamer wat toegerus is met ’n bad en ’n stort. Elke kamer het ook ’n stoep.

Hierdie Luxury Self Catering Bush Villas is weggesteek in die bos in en kyk uit oor die watergat. Elke villa het ’n en-suite badkamer en ’n toegeruste kombuis met ’n skottelgoedwasmasjien, eetarea en lugverkoelde ontspanningsarea met ’n televisie, binne-en buitelug vuurmaakplek en ’n privaat plonspoel.

Die skuifduire maak oop op ’n uitgebreide en gemeubileerde dek wat ’n asemrowende uitsig oor die watergate van die reservaat het. Die villa’s word daagliks skoon gemaak, sodat almal in die villa ten volle kan ontspan.

Botlierskop Privaat Wildreservaat bied ook akkommodasie by Die Village aan. The Village bestaan uit ’n gerestoreerde 1800’s huis. Jy het ’n keuse tussen ’n 2, 3 of 4 slaapkamer huis. Elke huis is toegerus met ’n kaggel, ontspanningsarea, klein kamerkroeg, lugversoring, koffie en tee maak geriewe, elektriesekombers, telefoon, kluis en twee enkelbeddens of ’n koning-groottebed.

Die en-suite badkamer het ’n vry-staande bad, dubbele wasbak en ’n stort. Al die kamers in hierdie huise het ’n privaat ingang met ’n stoep en parkering naby aan jou kamer. Daar is selfs ’n restaurant wat ontbyt, middagete en aandete bedien, met ’n kroeg en swembad.