Tsessebe
Basterhartbees
Naam
Tsessebe of Basterhartbees (Damaliscus Lunatus)
Orde
Artiodactyla (Ewehoewiges)
Familie
Bovidae (Horingdraers)
Voorkoms
Die tsessebe bul het ’n skouerhoogte van 1.2 m en weeg 140 kg en is effe groter as die koei wat 120 kg weeg. Beide geslagte het horings maar die bul se horings weeg swaarder. As daar na die tsessebe van vooraf gekyk word lyk die horing "halfmaanvormig". Dit het ’n donker gesig met pers vlekke op die skouers terwyl die skof en bolyf rooierig is.
Dieet
Die tsessebe is ’n grasvreter en eet ’n verskeidenheid grasse. Hulle verkies die bopunt van die gras en wei graag in verbrande gebiede waar die nuwe grasspruite uitgekom het.
Voortplanting
Die tsessebe paar seisoenaal en gee na ’n dratyd van sewe maande, gedurende September tot Oktober, geboorte aan ’n enkele 11 kg kalf. Die bronstyd is vanaf die middel van Februarie tot Maart. Gedurende die paring seisoen is vertonings deur die bulle deel van die parings ritueel.
Sosiale Gedrag
Tsessebes is sosiale diere en hul basiese groep struktuur bestaan uit klein teel groepe, elk met ses tot tien koeie en hul kalwers. Alleenlopende en territoriale bulle kan groepe tot so groot as dertig vorm. Dit is veral opmerkbaar naby ’n waterbron en gewilde weivelde. Die teel groep met die koeie bly nie in ’n spesifieke gebied nie.
In areas waar ’n hoë getal tsessebes voorkom, vestig bulle tipiese ‘lek’-stelsel gebiede sodat die koeie die beste bul kan uitsoek. Jong bulle vorm op die ouderdom van een jaar nuwe groepe wanneer hulle uit die teel groep geskop word.
Verspreiding
Die tsessebe behoort aan dieselfde familie as die Wildebees en die Hartebees, wat gekenmerk word deur ’n vreemde voorkoms as gevolg van die feit dat die skouers hoër is as die skof. Slegs een van die verskillende subspesies wat erken word kom in die Substreek voor.
In Suid-Afrika kom die tsessebe in die noordelike savanne bosgebiede voor. Hulle is meestal beperk tot die Nasionale Krugerwildtuin en sommige provinsiale wildreservate. Hulle is ook weer hervestig op sommige privaat wildsplase.
Hardloop Spoed
60 km/h
Horings
35 cm, rekord 47 cm
Seksueel Volwasse
26 tot 40 maande
Veldnotas
Terwyl hulle hul gebiede patrolleer, handhaaf territoriale bulle ’n bestendige roete en word daar met gereelde tussenposes gemis. Albei geslagte merk hul gebiede met die pre-orbitale kliere, maar die territoriale bulle doen dit meer as die koeie.
Hulle val op hulle knieë neer en vryf ook die kante van hul gesigte op die grond, gewoonlik teen ’n termiethoop of op ’n sanderige plek. Beide geslagte dolwe die grond om met die horings, veral na reën. Die tsessebe het goed ontwikkelde interdigitale kliere op die voorpote en die territoriale bulle skraap die grond om hulle gebied te merk.