Soos blanke koloniste hul heerskappy oor Tsonga dorpe opgelê het het die magte van hoofmanne gedaal. Teen die 1920s het baie blankes die disintegrasie van die kapteinskap as die spookbeeld van politieke wetteloosheid gesien. Die segregasie koloniste het die stam as die natuurlike tuiste van 'n Afrika-bevolking gesien wat toenemende met blankes in stedelike gebiede meeding.
Die posisie van die hoof is versterk deur wetgewing in die 1920s en 30 jaar later het stamowerhede noodsaaklik vir die Bantustan stelsel geword. Tradisioneel het die hoof (hosi) en sy raad die finale gesag en vorm hulle nog steeds 'n belangrike deel van die regering in al die Tsonga groepe. Hoofmanskap is oorerflik en val op die mees senior lede van die oudste geslaglyn in die sterkste stam in die groep. Die nuwe hoof moet goedgekeur word deur die raad en formeel in beheer ingelyf word. As hy 'n minderjarige is met die dood van sy vader, sal sy pa se jonger broer normaalweg as leier optree.
In die verlede het die hosi totale mag uitgeoefen. Hy het land toegeken en die begin van inisiasierituele, oes seremonies en reën danse bekragtig. Hy was ook die bemiddelaar tussen lede van die groep en die voorvadergeeste en het ook al die besluite wat verband hou met die oorlog en die leër geneem. Hy was ook verantwoordelik vir die administrasie van die groep en het ernstige gevalle en dié op appèl van hoofmanne verhoor. Hy is bygestaan deur beamptes wat spesiale take uitgevoer het.
Vandag is hoofmanne betaalde staatsamptenare wat verantwoordelik is vir die administrasie van die mense onder hul beheer. Hulle moet belasting insamel en toesig hou oor dienste soos die toekenning van lopende water of die bou van nuwe klaskamers. Hulle gaan voort om 'n belangrike rol te speel as sentrums van lojaliteit, identiteit en liefde vir landelike gemeenskappe.
Translated by Wilma Koeppen