Sjarme en Romans
Timbavati, Groter Kruger

Romanties en gesofistikeerd, hierdie luukse Timbavati safari akkommodasie beloof die ideale Suid-Afrikaanse wild ervaring.

Hoogtepunte

Aktiewe watergat reg voor die lodge
Groot Vyf, voëlkyk & die wit leeus van die Timbavati
Ontbyt & aandete word op die privaat stoep, langs die swembad of in die bos bedien
Wildbesigtigingsritte kan rondom jou fotografiese en voëlkyk behoeftes aangepas word
Spa-behandelings (fantasties vir paartjies op wittebrood)

Jo Ervaring

King’s Camp bied ’n privaat en luukse bos ervaring. Die suites by hierdie luukse Timbavati safari akkommodasie spog met ’n gesofistikeerde kombinasie van moderne geriewe en koloniale dekorasie. Geniet jou kans om te ontspan terwyl jy die omgewing inneem en terugdink aan ’n vervloë era in Afrika. Jou dae by King’s Camp word volgens jou voorkeur geniet. Daar is geen rede om te jaag nie.

Begin jou dag met ontbyt op jou persoonlike stoep wat uitkyk oor die ongesteurde Afrika bosveld of kies om op die vroegoggend wilbesigtigingsrit uit te gaan. Hierdie luukse Timbavati safari akkommodasie maak van ’n oopdak-4x4-safari-voertug gebruik sodat elke gas die geleentheid het om die fantastiese wild te besigtig.

Die watergat voor King’s Camp bied gaste die geleentheid om aswemrowende wildtonele te aanskou sonder om die gerief van die sitkamer te verlaat. Is jy op wittebrood en opsoek na iets spesiaal om te doen? Kom geniet ’n spa-behandeling of ontspan saam jou geliefde langs jul eie swembad by die wittebrood-suite.

Die aande word in die buitelug onder die sterre gespandeer, waar drankies rondom die bomavuur bedien word voor gaste vir ’n kerslig maaltyd aansit.